NV hervat vandag sy werksaamhede
Estelle de Bruyn
Die Nasionale Vergadering hervat vanmiddag sy sitting.
Die enigste punt op die sakelys is die hervatting van die oorweging van strategieë van die ministerie van die omgewing en toerisme.
Volgens ’n woordvoerder van die Nasionale Vergadering, mnr. David Nahogandja, sal die Nasionale Vergadering ook eersdaags begin om oorweging te skenk aan die wysigingswetsontwerp op teenkorrupsie, die gewysigde drankwet, en die wet op sake- en intellektuele eiendom.
Die Nasionale Vergadering het op Donderdag 28 April verdaag. Tydens die reses het parlementslede die geleentheid gehad om ’n nasionale seminaar by te woon oor die Verenigde Nasies se konvensie op die uitwissing van alle vorms van diskriminasie teen vroue (Cedaw) en die implementering daarvan in Namibië.
Dit is ’n gesamentlike poging deur die parlement en die Interparlementêre Unie (IPU) en het vanaf 12 tot 14 Mei in Windhoek plaasgevind.
Vroue-parlementslede het ook die geleentheid gehad om hul strategiese kommunikasievaardighede, openbare toesprake en interaksie met die media te verbeter en ook hoe om onderhoude met die media en mediakonferensies te behartig.
’n Slypskool wat deur die Namibiese parlement in samewerking met die Amerikaanse ambassade aangebied is, het die besoekende Amerikaanse joernalis, Eduardo Cue, as aanbieder gehad.
Dit het op 19 en 20 Mei plaasgevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie