Nuwe Zim-president Maandag in Windhoek
Zimbabwe se nuwe president, mnr. Emmerson Dambudzo Mnangagwa, bring Maandag ‘n eendaagse besoek aan Namibië.
Volgens ‘n verklaring deur die perssekretaris in die kantoor van die president, mnr. Albertus Aochamub, sal Manangagwa die geleentheid gebruik om homself formeel aan pres. Hage Geingob voor te stel. Die twee staatshoofde sal ook bilaterale samesprekings voor.
Geingob is ook die adjunkvoorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC).
Dit sal die eerste werkende besoek van Mnangagwa wees sedert hy in November 2017 ingesweer is.
Volgens Aochamub is die doel van die besoek om bestaande uitstekende betrekkinge tussen die twee lande te verstewig en nuwe gebiede van samewerking te oorweeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie