Nuwe verhouding met pa help Jacobs na goud

Olimpiese Spele
Marizanne Kok – “Dis ’n droom, dis ’n droom – dis fantasties! Miskien sal ek môre kan glo wat almal sê, maar vandag is dit ongelooflik.”
Die Italianer Marcell Jacobs was ewe verras as die res van die wêreld nadat hy Sondagmiddag die troon bestyg het wat Usain Bolt in die 100 meter vakant gelaat het.
Die 26-jarige het Sondag net 9.80 sekondes (’n nuwe Europese rekord) nodig gehad om sy naam op die wêreld se lippe te kry.
In die wedloop van sy lewe het hy meer geroemde naellopers soos die Amerikaner Fred Kerley (9.84), die Kanadees Andre de Grasse (9.89) en Suid-Afrika se Akani Simbine (9.93) in sy stof laat stik.
Die verbasing oor sy sukses was nie ’n teken van disrespek nie, maar spruit daaruit dat Jacobs Sondag in sy heel eerste groot 100-eindronde verskyn het. Sy grootste hoogtepunt voor dit was ’n plek in die halfeindronde by 2019 se wêreldkampioenskap.
Sy naam is meer bekend aan verspring-entoesiaste as diegene wat die naellope volg. Tot so onlangs as verlede jaar het hy nog sy merk in die sandput ook probeer maak.
Maar al was hy daarin goed genoeg om saam met iemand soos 2012 se Olimpiese kampioen, Greg Rutherford, deel te neem, het naellope ’n groter deel van sy hart begin opneem.
“Wanneer jy ’n kind is, droom jy daarvan om ’n goue medalje te wen. En toe ek begin atletiek doen, was my droom Olimpiese goud,” het Jacobs Sondag in sy nuuskonferensie gesê.
“Daardie tyd het ek verspring gedoen en tot twee jaar terug was my ambisie om daarin te wen. Maar toe het ek ’n paar ongelukkies gehad en besluit dit kan dalk moeiliker wees as wat ek gedink het. Tog gee mens nooit jou drome so maklik prys nie en kan jy droom wat jy wil. Wanneer dit begin waar word, is dit ’n ongelooflike gevoel.”
Jacobs is in Texas gebore as die seun van ’n Italiaanse ma en ’n Amerikaanse pa, maar was net ’n paar maande oud toe sy ma hom na haar geboorteland geneem het.
Hy het vir jare nie ’n verhouding met sy pa (wie se name, Lamont Marcell, hy gekry het) gehad nie en hom as ’n vreemdeling beskou.
Maar ’n vermaning deur ’n sportsielkundige dat hy ’n verhouding met sy pa moet bou as hy beter op die atletiekbaan wil vaar, het dít verander.
“Al ons kwessies is nog nie uitgeklaar nie, maar minstens kommunikeer ons nou,” het hy vroeër vanjaar aan Italy24news.com gesê.
“Of eerder, ek knip en plak: die Google-vertaler help my wanneer ek nie verstaan (wat Jacobs senior skryf) nie.”
In sy nuuskonferensie Sondag het hy die herstel van hul verhouding as ’n katalisator vir sy sukses beskryf.
“Ons het nou nader aan mekaar geraak en dit het my die energie en wilskrag gegee om alles moontlik te doen sodat ek vandag hier kan wees,” het hy gesê.
Jacobs se sukses was die kersie op die koek vir Italië, wat net ’n paar minute vroeër reeds kon feesvier oor ’n goue medalje in die hoogspring.
Gianmarco Tamberi, wie se droom van Olimpiese goud drie weke voor die Rio-Spele van 2016 verydel is deur ’n ernstige enkelbesering, het ’n vyf jaar oue droom bewaarheid toe hy Sondag as een van vanjaar se twee hoogspring-kampioene gekroon is.
Tamberi en Katar se Mutaz Barshim het besluit om die titel te deel nadat albei suksesvol was op 2,37 m en gefaal het op 2,39 n.
Tamberi was nog besig om sy triomf te laat insink toe Jacobs wegspring in die 100 meter – en was eerste daar om sy landgenoot met ’n vet druk geluk te wens.
“Om te sien wat Gianmarco gedoen het, was ’n massiewe hupstoot,” het Jacobs gesê.
“Ons ken sy storie – hy kon gewen het in Rio, maar het ’n besering gehad. Dat ons albei gewen het, is fantasties vir Italië. Ek dink daar gaan nou ’n partytjie wees soos vir die sokker (ná Italië verlede maand die Euro2020-titel gewen het).”
– Netwerk24


FOTO’s
Marcell Jacobs vier sy sukses in die Olimpiese eindronde van die 100 meter, wat hy Sondag met ’n nuwe Europese rekord gewen het. Foto Getty Images

Die hoogspringer Gianmarco Tamberi val Jacobs om die hals, nadat hulle binne enkele minute twee goue medaljes vir Italië verower het. Foto Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.88 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.01/OZ DOWN -0.0041 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 985.30/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 1 076.02/OZ UP +0.58% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.88 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.01/OZ DOWN -0.0041 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 985.30/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 1 076.02/OZ UP +0.58%