Nuwe veeartse moet geduldig wees
Elvira Hattingh
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming sê hulle het toestemming gekry om 51 bykomende poste vir staatsveeartse te skep en is besig met die proses, maar dat die veeartse geduldig moet wees.
Die ministerie het onlangs 'n mediaverklaring hieroor uitgereik nadat graduandi in veeartsenykunde aan die Universiteit van Namibië (Unam) se skool vir veterinêre medisyne op 30 June vanjaar 'n vergadering met mnr. McHenry Venaani, die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), by die parlement belê het. Hulle het die PDM gevra om hulle te help om druk op die regering te plaas om hulle in diens te neem.
Die ministerie het sy posisie benadruk. Toe die graduandi 'n versoek vir indiensneming in Februarie vanjaar gerig het, het die ministerie geen vakante poste vir staatsveeartse gehad nie. In Maart het die ministerie 'n versoek by die kabinet se sekretaris ingedien vir magtiging en goedkeuring om 51 bykomende poste vir staatsveeartse te skep. Die ministerie sê dit het die nodige toestemming gekry om so veel intreeposisies te skep – op voorwaarde dat verminderde vergoeding toegepas word.
“Die versoek is op 27 Mei aan staatsdiensbestuur gestuur. Ons is tans nog besig met konsultasies.
“Die ministerie is bewus van die graduandi se situasie en moedig hulle aan om geduldig te wag vir die staatsdiensbestuur se finale uitspraak,” het die ministerie gesê.
Die ministerie sê dit is korrek dat wanneer veeartse hul studies voltooi het en by die Namibiese Veterinêre Raad geregistreer is, kan hulle as staatsveeartse aangestel word.
“Daar is ook talle geleenthede in die private sektor waar hulle in onder meer chirurgie, akademiese navorsing en wild kan spesialiseer. Terselfdertyd bestaan belowende geleenthede vir veeartse om hul eie praktyke te begin,” het die ministerie gesê.
“Tans beskik die direktoraat van veeartsenydienste oor 78 staatsveeartsposisies, waarvan 65 intreeposte en 13 bevorderings is.
“Van die 65 intreevlakposte, is slegs vier tans vakant. Dit het ook eers in April en Mei vanjaar vakant geraak as gevolg daarvan dat een se kontrak verstryk het, een afgetree het en twee ander bevorder is.
“Daar is vir hierdie poste begroot, asook vir 'n bykomende 18 poste en die proses om dit te vul deur graduandi aan te stel, is onderweg. Die ministerie neem egter kennis dat openbare dienste se strukture oorvol is.”
Die groep veeartse, onder leiding van dr. Martin Katumbe, is die eerste groep wat hul veeartsenykwalifikasies aan Unam verwerf het.
Die groep het verlede jaar hul studies voltooi en vroeër vanjaar vanweë die uitbreking van Covid-19 in absentia gegradueer, het Denver Kisting berig.
Katumbe het voorheen gesê die graduandi wil deur die regering in diens geneem word om ervaring op te doen. Boonop is die private sektor reeds oorvol, meen hy. “Ons het geen ervaring om 'n praktyk te begin nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie