Nuwe veeartse moet geduldig wees

08 July 2020 | Landbou
Elvira Hattingh



Die ministerie van landbou, water en grondhervorming sê hulle het toestemming gekry om 51 bykomende poste vir staatsveeartse te skep en is besig met die proses, maar dat die veeartse geduldig moet wees.

Die ministerie het onlangs 'n mediaverklaring hieroor uitgereik nadat graduandi in veeartsenykunde aan die Universiteit van Namibië (Unam) se skool vir veterinêre medisyne op 30 June vanjaar 'n vergadering met mnr. McHenry Venaani, die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), by die parlement belê het. Hulle het die PDM gevra om hulle te help om druk op die regering te plaas om hulle in diens te neem.

Die ministerie het sy posisie benadruk. Toe die graduandi 'n versoek vir indiensneming in Februarie vanjaar gerig het, het die ­ministerie geen vakante poste vir staatsveeartse gehad nie. In Maart het die ­ministerie 'n versoek by die kabinet se ­sekretaris ingedien vir magtiging en goedkeuring om 51 bykomende poste vir staatsveeartse te skep. Die ministerie sê dit het die nodige ­toestemming gekry om so veel intreeposisies te skep – op voorwaarde dat verminderde vergoeding toegepas word.

“Die versoek is op 27 Mei aan staatsdiensbestuur gestuur. Ons is tans nog besig met konsultasies.

“Die ministerie is bewus van die ­graduandi se situasie en moedig hulle aan om geduldig te wag vir die staatsdiensbestuur se finale uitspraak,” het die ministerie gesê.

Die ministerie sê dit is korrek dat wanneer veeartse hul studies voltooi het en by die Namibiese Veterinêre Raad geregistreer is, kan hulle as staatsveeartse aangestel word.

“Daar is ook talle geleenthede in die private sektor waar hulle in onder meer chirurgie, akademiese navorsing en wild kan spesialiseer. Terselfdertyd bestaan belowende geleent­hede vir veeartse om hul eie praktyke te begin,” het die ministerie gesê.

“Tans beskik die direktoraat van veeartsenydienste oor 78 staats­veeartsposisies, waarvan 65 intreeposte en 13 bevorderings is.

“Van die 65 intreevlakposte, is slegs vier tans vakant. Dit het ook eers in April en Mei vanjaar vakant geraak as gevolg daarvan dat een se kontrak verstryk het, een afgetree het en twee ander bevorder is.

“Daar is vir hierdie poste begroot, asook vir 'n bykomende 18 poste en die proses om dit te vul deur ­graduandi aan te stel, is onderweg. Die ­ministerie neem egter kennis dat openbare dienste se strukture oorvol is.”

Die groep veeartse, onder leiding van dr. Martin Katumbe, is die eerste groep wat hul veeartsenykwalifikasies aan Unam verwerf het.

Die groep het verlede jaar hul studies voltooi en vroeër vanjaar vanweë die uitbreking van Covid-19 in absentia gegradueer, het Denver Kisting berig.

Katumbe het voorheen gesê die graduandi wil deur die regering in diens geneem word om ervaring op te doen. Boonop is die private sektor reeds oorvol, meen hy. “Ons het geen ­ervaring om 'n praktyk te begin nie.”

[email protected]

Soortgelyk

 

22 gevangenes toets positief vir Covid-19

6 ure gelede | Gesondheid

Twee-en-twintig gevangenes van die Sentrale Gevangenis in Windhoek is deel van die 34 nuwe Covid-19-gevalle wat in die hoofstad aangeteken is. Volgens die minister...

Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek

11 ure gelede | Misdaad

Kristien Kruger – ’n Beweerde baba-ontvoering het inwoners van Havana geskok net weke ná twee gruvoorvalle in dié informele nedersetting in die hoofstad.’n Twee maande...

Noorde brand wéér

21 ure gelede | Omgewing

‘n Groot veldbrand woed tans naby Tsumeb, met een persoon wat sê hy kon bykans nie verby die vuur kom om die dorp binne te...

345 leerlinge toets positief vir Covid-19

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Tot op hede het 345 leerlinge in Namibië positief vir Covid-19 getoets. Die meeste is in die Oshikotostreek en wel 170 (49,3%)...

Viskwota-sirkus

21 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die regering se viskwotaveiling het klaaglik misluk.Van die beoogde N$628 miljoen wat die regering uit die kwotaverkope vir maasbanker, stokvis en monnikvis...

Jooste skors Nida-raad

21 ure gelede | Regering

Elvira HattinghDie huidige raad van direkteure vir die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), is gevra om hul kantore te ontruim en is die afgelope...

Weer vir 1 Oktober

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met 'n paar buie, andersins sonnig en baie warm tot warm in die //Karasstreek.KUS: Gedeeltelik bewolk...

Lucia sterk goed aan

21 ure gelede | Gesondheid

Tanja Bause Vier maande nadat Lucia Soroses (8) met ernstige brandwonde na die sentrale hospitaal in Windhoek verplaas is, sterk sy goed aan.Mnr. George Olivier...

Meer as miljard vir MIV-stryd

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDie bekamping van MIV/vigs in Namibië het ’n reuse-hupstoot van miljoene Namibiese dollar gekry met die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) wat...