Nuwe trauma gaan McGown tref
'n Suid-Afrikaner wat vir jare in Mali gevange gehou is, is terug in sy eie wêreld en weg van die borrel waarin hy jare lank oorleef het.
Erika Gibson - Om uiteindelik vry te wees, is ’n massiewe verligting vir Stephen McGown, maar die pad vorentoe gaan nie sonder uitdagings wees nie. Sy vrylating is ’n nuwe soort trauma, want nou moet hy (en sy vrou) weer van voor af ’n nuwe struktuur vir hul lewens verder skep, sê dr. Tessa van Wijk, ’n traumatoloog van Lichtenburg in Noordwes.
Ná die aanvanklike trauma in Mali het daardie situasie vir hom sy nuwe “normaal” geword – net soos vir sy vrou, Catherine. Nou bevind hy hom terug in sy eie wêreld en weg van die borrel waarin hy jare lank oorleef het, sê Van Wijk.
In aanhouding het hy geen verpligtinge gehad soos rekeninge wat betaal moes word of die verantwoordelikheid om vir sy vrou te sorg nie. Dit alles is nou deel van sy aanpassing.
“Daar gaan konflik wees. Angstigheid en depressie kan volg. Hy moet die verlies van sy ma verwerk. Afhangend van die standvastigheid van hul geestelike band is dit moontlik dat die egpaar ’n nuwe gemeensaamheid kan vind en daarop bou.
“Behoorlike berading gaan die proses vir hulle makliker maak, want dit gaan nie vanself gebeur nie. Daar is waarskynlik ervarings in McGown se onderbewussyn wat tans te midde van al die vreugde oor sy vrylating onderdruk word, maar een of ander tyd gaan dit opduik. Berading kan ’n egpaar help om dit te hanteer,” sê Van Wijk.
McGown se aanvaarding van die Moslem-geloof terwyl hy deur Moslem-ekstremiste in Mali aangehou is, kan nie bloot aan sogenaamde Stockholm-sindroom toegeskryf word nie.
“Hy moes dalk dié verhouding met die groep se geloof opbou ter wille van oorlewing,” sê Van Wijk.
Stockholm-sindroom, waar mense empatie met hul gevangenemers tesame met ’n geweldige onderdanigheid ontwikkel, kom meer algemeen onder vroulike gyselaars voor, sê sy.
Volgens Van Wijk kon dit in McGown se geval dalk ’n soort spel geword het waar hy gekyk het wat sy opsies is om te oorleef. Die aanvaarding van die Moslem-geloof kon deel geword het van die verbintenisse wat hy met sy wagte opgebou het.
McGown se medegyselaar, Johan Gustafsson, wat ’n maand voor hom vrygelaat is, het sedertdien in mediaonderhoude gesê hy het net voorgegee dat hy Islam aanvaar het.
McGown het gesê hy was nie onder enige druk om van geloof te verander nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie