Nuwe Toyota Fortuner 2.4L vir afrigter Botha
Atletiek
Die Olimpiese atletiekafrigter Henk Botha het ’n splinternuwe 2021 Toyota Fortuner 2.4L GDX in ontvangs geneem, geborg deur die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor)
Die korporasie het sy belofte nagekom om die nuwe voertuig te borg wat Botha, wat op Grootfontein woon, vir ’n periode van drie jaar in die uitvoering van sy pligte as afrigter binne Namibië mag gebruik.
Bykomend hiertoe sal die nasionale korporasie alle brandstofverwante koste dra wat met die geborgde voertuig verband hou.
Botha is die afrigter van die land se tienerjarige Olimpiese uitblinkers, rekordbrekers en medaljewenners by die o.20 wêreldkampioenskap, Christine Mboma en Beatrice Masilingi.
Tydens die oorhandiging van die voertuig het Namcor se besturende direkteur, mnr. Immanuel Mulunga, die maatskappy se verbintenis beklemtoon om die sukses van Namibiës op plaaslike en wêreldvlak te vier en te bevorder.
As Namibië se trotse eerste olie- en petroleumhandelsmerk het Namcor ’n besondere belang om die land se suksesse te ondersteun.
Mulunga sê: “Brandstof vir die nasie en brandstof vir ons atlete gaan hand aan hand met die sukses wat ons land en ons maatskappy die laaste tyd beleef het. Ons streef om die atlete en hul afrigter in hul behoeftes by te staan en te verseker dat hulle na die beste van hul vermoë kan presteer.”
Namcor, wat tans agt operasionele persele en nog vyf onder konstruksie landwyd het, beoog strategiese uitbreidings in Namibië en moontlik ook in buurlande.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie