Nuwe toilette in stryd teen hepatitis E
Tanja Bause
In 'n poging om hepatitis E en ander siektes uit te wis, het Windhoek se munisipaliteit 381 bykomende toilette in die Havana- en Goreangab- informele nedersettings laat installeer.
Bestaande toilette is herstel, wat die gemeenskap weens vandalisme en verwaarlosing nie meer kon gebruik nie.
Volgens mnr. Muesee Kazapua, Windhoek se burgemeester, is die stad tans besig om met die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) en ander belanghebbendes aan 'n projek te werk wat as Gemeenskapgeleide Totale Sanitasie (CLTS) bekend staan.
“Die idee is om gemeenskappe aan te moedig om verantwoordelikheid te neem vir dit wat hulle het en dat hulle hul ingesteldheid oor die gebruik en versorging van die munisipale geriewe verander,” het Kazapua gesê.
“Ek doen 'n beroep op die begunstigdes om die geriewe op te pas – dit behoort aan julle. Julle moenie wag dat die raad sal kom en dit skoonmaak nie. Dit is jul verantwoordelikheid om dit teen vandalisme te beskerm en higiënies te hou,” het hy gesê.
Navorsing het getoon 14% van die gemeenskap wat in stedelike gebiede woon, ontlas in die ope, en 77% van die landelike bevolking doen dieselfde. Die gebrek aan basiese geriewe is veral in stedelike gebiede nypend. Boonop veroorsaak die hoë bevolkingsdigtheid dat 'n gebrek aan voldoende sanitasie onaangenaam, ongesond en onveilig is.
Daar is ook opgemerk ontlasting in die ope het 'n negatiewe uitwerking op die gemeenskap se gesondheid, wat gesien kan word in die uitbreking van hepatitis E in Windhoek twee jaar gelede.
“Die risikofaktore vir hepatitis E hou met swak sanitasie verband. Virusse in besmette mense se ontlasting bereik drinkwatervoorrade. Dit is daarom van kritieke belang dat ons saamwerk om voldoende voorsiening vir sanitasiegeriewe en toegang tot draagbare water te maak,” het hy gesê.
“Dit is belangrik om daarop te let dat huishoudelike waterveiligheid in ons strategiese plan een van die vyf sleutelaspekte van die waterveiligheidsprogram is, aangesien ons weet dit lê 'n noodsaaklike grondslag vir pogings om armoede uit te wis en ekonomiese ontwikkeling te ondersteun.
“Dit is ook geen geheim dat een van die vele uitdagings vir baie streek- en plaaslike owerhede die bou van ablusiegeriewe en behoorlike rioolstelsels is nie.
“Daarom geniet die verskaffing van veilige water- en sanitasiedienste aan alle inwoners voorkeur by Windhoek se munisipaliteit,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie