Nuwe terugslag tref staat in verraadverhoor
?n HERNUDE terugslag het die staat se saak in die Caprivi-hoogverraadverhoor gister getref toe Regter Elton Hoff beweerde uitwysings aan die polisie deur vier beskuldigdes as ontoelaatbare getuienis verwerp het.
Die verdediging het soos met van die beweerde skuldbekentenisse wat Regter Hoff verlede jaar deur die bank voorlopig verwerp het, aangevoer dat die polisie hierdie sogenaamde samewerking deur geweld en dwang bekom het.
Volgens Regter Hoff sal dit op ?n onregverdige verhoor uitloop as hy die getuienis aanvaar. Hy sal later die redes vir sy beslissing gee.
In die geval van mnr. John Panse Lubilo, beskuldigde nommer 50 van die oorblywende 113 voor die hof, het Regter Hoff die getuienis voor die hof voorlopig aanvaar. Lubilo het die polisie gehelp om op ?n G3-geweer beslag te le. Regter Hoff het egter daarop gewys dat hierdie beweerde afstigter, een van 30 prokureurloses wat die verhoor boikot, homself nog op die aantygings kan verdedig.
In die geval van mnre. Richard Masupa Mangulike (besk. 34), Moses Chicho Kayoka (besk. 47), Masiye Victor Matengu (besk. 60) en Matengu Elvis Puteyo (besk. 74) het Regter Hoff egter bevind dat die staat nie bo redelike twyfel bewys het dat die uitwysings op ?n toelaatbare wyse bekom is nie.
Oor beweerde uitwysings wat mnr. Isaya Shaft Kamwanga (besk. 43) aan die polisie gemaak het, sal die hof eers ?n oordeel kan vel wanneer ?n sielkundige verslag oor die beskuldigde ontvang is. Die hof sal op 17 Februarie hoor of mnr. Kamwanga al vir die aanbevole 30 dae se waarneming in die psigiatriese eenheid van die Katutura-hospitaal opgeneem kon word.
Die hof het oudinspekteur Jacobus Carstens gister as getuie verskoon nadat die verdediging hom nie onder kruisondervraging wou neem nie. Die staat sit tans sy saak met nuwe getuies voort.
Die menseregtewaghond Namrights het ?n beroep op die polisie gedoen om ?vir die rekord? ?n volledige lys bekend te maak van hoeveel verdagtes in verband met 2 Augustus 1999 se gewapende opstande in die Caprivi in hegtenis geneem, aangekla of vrygelaat is, asook hoeveel persone in aanhouding gesterf het. Volgens mnr. Phil Ya Nangoloh sal dit hulle help om vas te stel of mense regtig verdwyn het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie