Nuwe tariewe vir polisie
Die Namibiese Polisie se tariewe vir buitengewone en inter-departmentele dienste styg Donderdag (1 Maart). Die verhogings sluit die volgende dienste in: Ongelukkeverslag – N$60; Sketsplan van ongeluk - N$100; Verklaring verkry van klaer/getuie/slagoffer – N$60; Voertuigklaringsertifikaat – N$100; Klassifiseer en opspoor van vingerafdrukke vir kriminele rekord – N$100; Stoor van gekonfiskeerde eiendom – N$30 per dag; Stoor van lyk in die polisie se lykhuis – N$20 per dag; Dienste gelewer deur die Polisie-orkes – N$2 500; Drukwerk per blad deur die Nasionale Forensiese Wetenskap Instituut (NSFI) – N$100; Getuienis in die hof deur die NSFI – N$423 per uur.
Vir navrae kan adj. Komm. Edwin Kanguatjivi by 081 140 3802 geskakel word.
Vir navrae kan adj. Komm. Edwin Kanguatjivi by 081 140 3802 geskakel word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie