Nuwe Tara amptelik geloods
Tydrenne
Tielman van Lill
Die Windhoek Motorklub (WMC) het dié week amptelik die komende 2016 WMC & Friends Tara-tydren by die Tony Rust-renbaan wes van Windhoek aan die media bekend gestel.
Vanjaar se Tara spring om 13:00 op Vrydag 18 November by die Tony Rust-renbaan weg en sal min of meer om 14:00 die Saterdag by dieselfde plek eindig.
''n Horde vriende, belangstellendes, familie, renjaers, navigators, borge en joernaliste was deel van die geskiedkundige gebeurtenis wat in ''n ontspanne atmosfeer vir hul gesamentlike passie byeen was.
Die rustige atmosfeer het egter vinnig verdwyn toe aangekondig was dat die teenwoordige joernaliste ''n eerstehandse proesel gaan kry wat ''n navigator se pligte behels.
Richard Slamet (Slamet Racing) was daar met sy Klas 3 I-S Freight Services 4x4 Toyota RunX S2000, asook Pieter Greeff met sy Consulting Engineers S1 Toyota Corolla en Gert Liebenberg met sy S4 Nissan bakkie waarin ''n Lexus V8-enjin in die oond verskans is.
Elkeen van die joernaliste het ''n nommer getrek en braaf saam met die gesoute jaers ingeklim.
Ná ''n blitskursus oor hoe om as navigator op te tree, was die sportskrywers skielik met roetenotas in die hand, slaggereed om die pad soos ''n ware navigator aan te durf.
Menige het sekerlik nie die eerste lyn voltooi nie voordat benoud en naarstiglik na vashouplek gegryp is. Die roetenotas vergete, was die rit te vinnig oor en talle het maar ietwat bleek om die kiewe en erg bewerig uit die voertuie geklim. Almal was dit roerend eens dat die taak van ''n navigator nie grappies is nie en dat die sukses van ''n span ewe vierkantig op sy skouers rus.
Die 49ste Tara sal korter, vinniger en meer opwindend as enige van die vorige weergawes wees. Die meeste van die sneldele is só gekies dat dit maklik bereikbaar vir toeskouers sal wees om die aksie te volg.
Die Vrydagaand sal ''n paar nagskofte gejaag word en ook ''n super spesiale-sneldeel word by Tony Rust beplan wat vir ekstra kykgenot sal sorg.
Vanjaar is dit die eerste keer in die geskiedenis dat ''n vrou aan die stuur van sake met die Tara staan.
Me. Anja Lingner, vrou van die gesoute tydrenkenner Harald Lingner, het die leisels as voorsitter van die organiserende komitee stewig in haar hande.
Die 21 sneldele is nog nie honderd persent vasgestel nie, maar ''n afstand van ongeveer 200 km sal in die twee dae afgelê word.
Sowat 25 inskrywings word verwag en ''n welkome nuwe gesig is dié van die jong Ronald Slamet wat saam met Lesley Morkel (navigator) in ''n Volkswagen Polo sal deelneem. Morkel het verlede jaar saam met Rian Kritzinger ook as navigator die Tara in sy V8 Nissanbakkie voltooi. Slamet is meer bekend as motorfietsjaer wat uitstekend in Suid-Afrika vaar.
Die Windhoek Motorklub, wat in 1958 gestig is, en die organiseerders bedank City Clutch & Brake (CCB), I-S Freight Services, Griffin Transport en Legacy Hotel & Casino asook M + Z Motors, Kosmos, Sat-Com, Super Tyres, Chubb, LSS, Sirkel Motors en C.A.M. Namibia wat ook ruimhartig as ondersteunende borge optree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie