Nuwe streekrekords by Edugate-atletiekdag
Vir die sewende jaar het Securitas Versekering as hoofborg van die streekbyeenkoms vir skole-atletiek opgetree wat die afgelope naweek deur Edugate Akademie op Otjiwarongo aangebied is.
Altesaam 1 200 atlete uit 16 skole het deelgeneem.
Die besoekende hoërskole wat spanne gestuur het, was Grootfontein Agricollege, The Dolphin School, die Sekondêre Skool Otjiwarongo, die Privaatskool Moria, Pro-Ed Akademie en Windhoek Afrikaanse Privaatskool.
By die hoërskole het Windhoek Gimnasium met 357 punte die spankompetisie vir die dag gewen, met Edugate Academy (335 punte) as sy naaste kompetisie en Otjiwarongo derde op 243.
Die junior victor ludorum-toekenning is aan Dylan Leicher (Windhoek Gimnasium) met 1 770 punte gemaak, en sy skoolmaat, Mione Garbers
(2 410 punte), was die junior victrix ludorum.
Jako Oosthuizen (Edugate Akademie) was die senior victor ludorum met 2 240 punte. Die senior victrix ludorum was Karlien Botha (Grootfontein Agricollege) met 2 100 punte.
'n Paar nuwe byeenkomsrekords is Saterdag opgestel:
• Ludwig Huber, van Grootfontein Agri, het die seuns o.15-diskusgooirekord verbeter met sy poging van 51.38 m en hy stel ook 'n nuwe spiesgooirekord van 53.22 m op.
• Henryke Garbers, van Windhoek Gimnasium, wen die meisies o.19 se 400 meter in 1:00.85.
• An-Ana Samuntu, van die Sekondêre Skool Otjiwarongo, breek die verspringrekord vir seuns o.17 met 6,59 m, asook die hoogspringrekord met 1,95 m.
• Chrislene Nienaber van Pro-Ed breek die o.13 100 meter-rekord met 13,13 sekondes.
• Ryan Williams (o.19) van Gobabis Gimnasium bereik 52,59 m in die diskusgooi, en stel ook 'n nuwe gewigstootrekord op met 16,66 m.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie