Nuwe stelsel veroorsaak chaos by lughawe
Passasiers kla oor die lang rye en ure wat hulle by immigrasietoonbanke op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako moet wag.
Catherine Sasman
Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie sê dit het 'n korttermynoplossing gevind om die chaotiese vertragings by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te verlig ná die instelling van die
nuwe e-Grensbeheerbestuurstelsel.
Passasiers het gekla dat hulle tot tussen twee tot drie ure in lang rye moes wag om deur die biometriese stelsel geskandeer te word.
Hoewel dit nie bevestig kon word nie, het 'n passasier glo sy vlug gemis oor die vertragings en moes 'n nuwe vliegtuigkaartjie koop aangesien nie die ministerie óf die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) óf die betrokke lugredery enige verantwoordelikheid wou neem nie.
Nóg 'n passasier het gesê hy moes langer as 'n uur in die ry wag.
Die NAC het blykbaar voorgestel dat passasiers minstens vier ure voor vertrek by die immigrasietoonbanke moet aanmeld.
Die NAC kon dit nie gister bevestig nie aangesien die woordvoerder en waarnemende hoof, mnr. Lot Haifidi, nie vir kommentaar beskikbaar was nie.
Ses dae ná die inwyding van die biometriese stelsel het Air Namibia op sy Facebook-blad gewaarsku dat daar moontlike vertragings by die aankoms- en vertrektoonbanke mag wees.
Air Namibia het egter die instelling van die stelsel beskryf as 'n welkome ontwikkeling wat “Namibiese lugvaartbedryf in pas met wêreldstandaarde bring”.
“Die ministerie en ander belanghebbendes is deeglik bewus van die situasie,” het die woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Sakeus Kadhila, gister
gesê. Hy het gesê die korttermynoplossing was die instelling van meer hokkies – vyf by die aankomspunt en drie by die vertrekpunt – om die skandering te versnel.
“As jy nou enige passasier vra wat hul ervaring was, sal hulle jou vertel dat dit baie vinniger gegaan het,” het Kadhila gesê.
Die biometriese stelsel is amptelik op 6 September deur minister Pendukeni Iivula-Ithana ingewy. Dit doen gesigerkenning en neem vingerafdrukke. Die doel daarvan is om immigrasiebeamptes in staat te stel om mense wat op 'n swartlys is, asook onwettige immigrante en vermeende terroriste te identifiseer.
Iivula-Ithana het by die inwyding gesê die stelsel sal die versameling van data, sowel as die storing en ontginning van data verbeter, en ook groter buigsaamheid in die kommunikasie tussen goedgekeurde belanghebbendes meebring.
Sy het bygevoeg dat die projek beduidende verbetering sal meebring in die bestuur en fasilitering van wettige migrasie, asook verder bydra tot die omkeerstrategie waarmee die ministerie 'n paar jaar gelede begin het.
Die stelsel is deur die plaaslike maatskappy Syntex Technologies ontwikkel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie