Nuwe ruimte vir naslaan, leer en lees
Nuwe ruimte vir naslaan, leer en lees
16 November 2020 | Geskiedenis
'n Splinternuwe mediategnologie-biblioteek is nou oop vir die publiek by die hoofkantoor van Namibia Media Holdings in Windhoek.
Die herontwerpte argief is Vrydag amptelik in gebruik geneem.
Buiten vir toegang tot gedrukte Namibiese media wat verder as 100 jaar terugstrek, kan naslaanwerk in NMH se dagblaaie ook elektronies gedoen word. Die elektroniese argief sal volgens plan teen volgende jaar volledig digitaal deursoekbaar wees.
Op die perseel is ook 'n kiosk en die ateljee waaruit Africa Good Morning elke oggend regstreeks gebeeldsend word.
Die projek het nie net ten doel om Namibiese geskiedenis te bewaar nie, maar ook om lees en nuwe media te bevorder. Skole is welkom om die biblioteek te besoek deur vooraf afsprake te maak.
'n Spesiale woord van dank is gerig aan Luzell October (voormalige argivaris), Thusnelde Gamibes, Elizabeth Coetzee en die argief se nuwe span, bestaande uit Fransina Goagoses en Bronwên Christian.
Gamibes werk al 20 jaar by die groep; 15 jaar daarvan in die argief. Volgens haar is daar digby 3 500 gebinde volumes in die nuwe bewaarruimte.
“Tonnegewys is dit moeilik om te skat, maar dat dit 'n gewigtige saak is, is vir seker,” sê sy. “Die magdom inligting wat hier bymekaar is, sal mens se brein behoorlik laat vries.
“Tog is elke dag se inligting wat bykom, nuut en opwindend om te sien en om te bewaar. En moenie vergeet van die duisende foto's wat ook hier 'n huis gevind het nie.”
Die bekende historikus, dr. Andreas Vogt, het sekere publikasies aan die argief geskenk waaroor NMH nie self beskik het nie.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
3 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
19 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
19 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
19 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
19 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
19 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
19 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
19 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
19 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies