Nuwe rol van media in VSA-verkiesing te siene
Hoofstroom-media nie deur sosiale media vervang
Estelle de Bruyn - Die veranderende profiel van media het ’n nuwe dinamiek aan politiek wêreldwyd gebring en dit is nêrens so duidelik te siene soos met die Amerikaanse presidentsverkiesing nie.
Volgens prof. Steve Roberts, ’n hoogleraar in openbare mediabetrekkinge aan die George Washington Universiteit in Washington D.C., het pres. Barack Obama in 2008 die weg gebaan deur van Facebook gebruik te maak om sy veldtog te help voer.
Roberts het Namibiese media en studente vandeesweek tydens ‘n digitale videokonferensie oor die nuutste verwikkelinge op die Amerikaanse politieke front toegespreek.
Roberts sê sosiale media bied groot moontlikhede vir veldtogvoering omdat ‘n kandidaat regstreeks met sy gehoor kan kommunikeer, sonder dat die boodskap gefilter word, soos die geval in die hoofstroommedia dikwels is.
“In die verlede moes politici maar hoop ‘n kameraspan daag by politieke vergaderings op en dat ‘n geredigeerde weergawe wel uitgesaai sal word. Vandag kan ‘n kandidaat regstreeks video op YouTube laai, sonder om op mediahuise staat te maak .
“In die verlede het joernaliste die klank- en beeldgrepe wat uitgesaai is, gekies sonder dat die kandidaat of politieke party enige insette kon lewer oor wat die belangrikste boodskap is.
“Indien ‘n kandidaat sosiale netwerke goed opstel, sal beeldmateriaal wat aan sy of haar volgelinge versprei word, weer verder deur hierdie tweede netwerk versprei word aan derde partye, en sodoende word ‘n veel wyer gehoor bereik,” het Roberts gesê.
“Tegnologie het die sielkunde verander,” sê hy.
Deur in te teken op ‘n kandidaat se e-poslys, word kiesers en ondersteuners nou aktiewe deelnemers aan veldtogvoering.
Die Republikeine se kandidaat in vanjaar se presidentsverkiesing, Donald Trump, is volgens hom ‘n deskundige op die gebied van sosiale media wat, terwyl sy opponent Hillary Clinton aan die woord is, deurlopend twiet om haar boodskap te kelder.
Tog speel die hoofstroommedia steeds ‘n belangrike rol, omdat sosiale media geen geleentheid bied om feite na te gaan nie.
Van Trump se uitlatings, soos dié dat die Amerikaanse president die stigter van die Islamitiese Staat-groep (IS) is, is ‘n goeie voorbeeld.
Ses maande gelede toe Trump nog as ‘n vermaaklike realiteits-TV-ster beskou is en niemand hom ernstig opgeneem het, het die opmerking op sosiale media nie eens die wenkbroue laat lig nie. Nou dat hy inderdaad ‘n presidentskandidaat is en die moontlikheid bestaan dat hy in die Withuis kan intrek, het die hoofstroommedia hom op hierdie stelling getroef.
Gevolglik bied hoofstroommedia die wigte en teenwigte wat noodsaaklik is vir die verifiëring van feite en wat geloofwaardige inligting aan voornemende kiesers moet voorsien, sê Roberts.
Volgens hom is 20 persent van Amerikaanse kiesers tradisioneel ondersteuners van die Republikeinse party en 40 persent steun die Demokratiese party. Die oorblywende 40 persent besluitelose kiesers wend hulle tot die hoofstroommedia om te besluit na watter kant hul steun moet gaan.
Met die relatief lae stempersentasie in Amerika, kan die media ook ‘n betekenisvolle rol speel om kiesers aan te moedig om stembus toe te gaan, het Roberts gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie