Nuwe rekordgetal van 301 nuwe gevalle
Nuwe rekordgetal van 301 nuwe gevalle

Nuwe rekordgetal van 301 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
'n Rekordgetal van 301 nuwe gevalle van Covid-19 is vandag aangekondig waarvan 207 (69%) in Windhoek is. Dit nadat 2 012 weefselmonsters getoets is. Die 301 gevalle is net 15 minder as die hoogste getal gevalle van 316 wat op 23 Augustus aangekondig is. Drie Covid-19-verwante sterftes en wel die van 'n 87-jarige vrou en 36-jarige man van Windhoek, sowel as die van 'n 73-jarige man van Oshakati, het ook die sterftesyfer tot 158 opgestoot.

Uit die 301 gevalle is 207 in Windhoek, 15 in Walvisbaai, 13 in Swakopmund, vier in Omaruru, een in Usakos, 12 in Lüderitz, drie in Karasburg, 17 in Oshakati, nege in Otjiwarongo, drie in Okahandja, een in Okakarara, vyf in Tsumeb, twee in Opuwo, een elk in onderskeidelik Khorixas, Andara, Rundu en Gobabis en twee in Outapi aangeteken.

Nog 23 mense het herstel wat die totaal op 14 218 te staan bring. Dit sluit agt in Oshikoto, agt in Otjozondjupa en sewe in Khomas in.

Die aktiewe gevalle staan tans op 1 394 waarvan tien baie ernstig tot kritiek is. Dit sluit vier baie ernstige en vyf kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.

Tot op hede is 170 817 weefselmonsters getoets, 3 217 kontakte word gemonitor en 682 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer