Nuwe regime vir isolasie, kwarantyn 'regte ding'
Die nuwe bedeling vir die hantering van mense wat positief toets vir Covid-19 en dié wat vermoedelik die virus onder lede het, is op die nuutste wetenskap geskoei, sê kenners.
Denver Kisting – Die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC) sê by monde van sy plaaslike verteenwoordiger, dr. Eric Dziuban, Namibië se bygewerkte benadering tot die hantering van Covid-19 strook met internasionale wetenskaplike verwikkelinge.
Hy het gister by navraag aan Republikein gesê: “Die impak van die pandemie in Namibië is aan die ontvou en die globale wetenskaplike gemeenskap hou aan om meer oor dié virus te leer. So, dit is absoluut die regte benadering om beleid en strategieë aan te pas, soos die lengte van kwarantyn en die kriteria om isolasie te beëindig.”
Omdat dié wysigings op die nuutste wetenskap geskoei is, “sal dit Namibië help in dié jongste stadium van die reaksie”, sê Dziuban.
Die CDC-verteenwoordiger het terselfdertyd gesê nuwe geteikende beperkinge in Windhoek en ander dorpe, waar die getalle aan die toeneem is, sal help om die verdere verspreiding van die virus te vertraag en te verseker dat hospitale kan aanhou funksioneer.
“Maar dit sal ook verg dat mense die regte besluite neem. Net omdat 100 mense by ’n geleentheid toegelaat word, beteken dit nie dit is altyd ’n goeie idee nie.
“Ons moet ons maskers in die openbaar aanhou, insluitend gedurende kerkdienste of sakevergaderings. Dié stappe kan help om die virus hier vinniger te beheer sodat ons veilig ons skole kan heropen en die ekonomie help herstel.”
NUEWE BEDELING WERK Só
Dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het Vrydag gesê op plekke waar tans geen gemeenskapsoordrag plaasvind nie, sal die duur van kwarantyn verminder word van 14 tot sewe dae in goedgekeurde geriewe.
Almal sal op dag 7 getoets word en ontslaan word indien hulle weer negatief toets. Sou iemand positief toets, word hulle in isolasie geplaas, het Shangula gesê.
Waar gemeenskapsoordrag bevestig is, moet die kwarantyntydperk minstens sewe dae beslaan. Kontakte sal almal op dag 7 getoets word en eweneens ontslaan word as hulle negatief toets. Indien hulle positief toets, sal isolasie hul voorland wees.
Shangula sê: “Kontakte sal toegelaat word om tuis te kwarantyn mits hul tuistes geskik is.”
Wat reisigers betref, sê Shangula, die duur van hul kwarantyntydperk word verminder van 14 na sewe dae in goedgekeurde geriewe.
Hulle moet by aankoms in besit wees van negatiewe toetsuitslae wat nie ouer as 72 uur is nie. Hulle sal weer op dag 7 getoets word en ontslaan word mits hulle negatief toets.
Dr. Theo-Ben Kandetu, wat aan spits staan van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se Covid-19-gevallebestuurspan, sê die nuwe strategie rondom isolasie en kwarantyn is op simptome geskoei.
Pasiënte wat positief toets vir Covid-19 en simptome toon, sal van die dag wat die simptome ontwikkel vir tien dae geïsoleer word, het hy Saterdagoggend by die Covid-19-kommunikasiesentrum (CCC) in die hoofstad gesê.
Sodra dié pasiënte vir drie dae daarná geen simptome meer toon nie, sal hulle uit isolasie ontslaan word, sê Kandetu.
Dit beteken hulle sal mag terugkeer huis toe en werk toe, sê hy.
Pasiënte wat geen simptome van die virus toon nie, maar wel Covid-19 onder lede het, is ’n uitdaging vir die gesondheidsowerhede, het Kandetu toegegee. “Hulle kan steeds die virus na ander lede van die samelewing versprei.”
Sulke pasiënte sal voortaan vir tien dae sedert hul positiewe toets in isolasie geplaas word.
Me. Emmy-Else Ndevaetela, die hoof van die ministerie se opsporingspan, sê twee kategorieë mense word in kwarantyn geplaas – nabye kontakte van bevestigde gevalle, asook alle terugkerende Namibiërs.
Dié tydperk was tot dusver 14 dae – die duur van “die langste inkubasietydperk van Covid-19”.
Dit het ten doel gehad om “in die geval van moontlike besmetting, oordrag te beperk”, sê sy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie