Steeds geen kontrak vir diens aan Psemas

'Swak opgestel, dubbelsinnig'

26 February 2020 | Gesondheid
Henriette Lamprecht - Die staat se mediese fonds (Psemas) se nuwe kontrak met gesondheidsdiensverskaffers wat reeds sedert 2017 sloer, is weer uitgestel, die keer tot 31 Mei vanjaar.

Die ministerie van finansies het ook tydelik die ontvangs en goedkeuring van aansoeke vir die Psemas-kontrak “tot verdere kennisgewing” uitgestel. Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur, me. Ericah Shafudah, is die ministerie tans besig met die wysigingsproses van die nuwe kontrak.

Diensverskaffers sal ingelig word oor wanneer die proses afgehandel is. Geen tydsraamwerk word egter gegee oor hoe lank die proses nog sal duur nie.

Die ministerie het verlede jaar die bestaande kontrak tot 30 Maart vanjaar verleng, waarna die hersiene kontrak in werking sou tree. Shafudah het toe die hoop uitgespreek dat die proses om die huidige kontrak te hersien teen einde aanstaande maand voltooi sou wees. Die hersiene kontrak moes reeds in Mei verlede jaar in werking getree het.

Die hersiening van die ou kontrak is genoodsaak weens misbruike en skuiwergate tot nadeel van die mediese fonds.

Intussen sê private diensverskaffers onder die vaandel van die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF) Psemas het ten spyte van herhaalde versoeke nie bevestig dit het “enige voorneme” om met private verskaffers oor die nuwe kontrak te konsulteer nie. Die NPPF beskryf sommige van die gewysigde klousules in die kontrak as “swak opgestel en dubbelsinnig.

“Psemas weier om eers met die privaatsektor te konsulteer en tariewe is ook onbekend,” het mnr. Eben de Klerk namens NPPF gesê.

Diensverskaffers met meer as een praktyk word in die hersiene kontrak beperk tot een kontrak vir een praktyk, wat volgens die NPPF die beskikbaarheid van gesondheidsorg gaan beperk, veral vir Psemas-lede op die platteland.

Ook is daar volgens De Klerk nog geen aanduiding of die huidige tariewe wat tans vasgestel is op die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) se standaardtarief van 2014, enigsins verhoog gaan word nie.

“Van diensverskaffers word vereis om voort te gaan om Psemas-lede teen tariewe te behandel wat ses jaar gelede van toepassing was,” het De Klerk gesê.

Volgens hom het Psemas se laatbetalings die toegang tot praktyke verminder en kontrakvereistes verhoog.

“Tariewe ver onder markverwante professionele fooie blyk ’n poging van Psemas te wees om sy uitgawes op lede van die fonds te verminder. Dit terwyl geen verantwoordelikheid geneem word vir die verminderde toegang tot gesondheidsdienste nie,” sê De Klerk.

Inteendeel, het hy beklemtoon, diensverskaffers is in die verlede vir laasgenoemde blameer.

’n Opname onder 1 000 private diensverskaffers wys 17% van hul totale onbetaalde eise teen Psemas is vir eise wat voor November verlede jaar ingedien is. Volgens ’n opname deur die NPPF vorm eise wat gedurende November 2019 ingedien is, nog 17% van die totale onbetaalde eise en dié gedurende Desember verlede jaar 25%.

Volgens die NPPF verbreek Psemas sy kontraktuele verpligting om eise binne 60 dae uit te betaal meer as die helfte (59%) van die tyd.

“Dit plaas ’n beduidende finansiële las op diensverskaffers wat effektief die regering vir vier maande en langer moet dra. Dit is veral moeilik in ’n tyd wat verskaffers belasting moet betaal terwyl die regering hulle nie vir dienste kan betaal wat reeds maande gelede gelewer is nie,” het De Klerk gesê. - [email protected]

Soortgelyk

 

Nog twee Covid-19-gevalle in Namibië

5 ure gelede | Gesondheid

'n Negemaande oue baba en sy pa is die jongste twee Covid-19-gevalle wat in die land bevestig is. Dit bring die totaal op 13. Die...

Skouspel by Victoria-valle

8 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Op 27 Maart het ‘n enorme 3,890 m³ water per sekonde by die Victoria-valle afgestort. Dit is 54% meer as die langtermyngemiddeld...

Covid-19: Albertus Aochamub ontslaan

9 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting – Die Namibiese diplomaat in Parys, Frankryk, amb. Albertus Aochamub, is uit die hospitaal ontslaan.Dit kom nadat hy onlangs met Covid-19 gediagnoseer en...

Hoofstad onder inperking

21 ure gelede | In beeld

Lang rye mense staan Dinsdag voor winkeldeure in die hoofstad se winkelsentrums om een vir een ingelaat te word. Dít omdat hoktydregulasies die getal mense...

Te min Covid-19-toetsstelle, ventilators

21 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 in Namibië sluit in ’n gebrek aan ten volle toegeruste isolasiegeriewe in die streke...

Noodmaatreëls geld reeds landswyd

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gisteroggend by navraag bevestig die Namibiese regering se Covid-19-noodmaatreëls is reeds op die hele land...

‘Trokdrywers ’n nasionale bate’

21 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – “Ons drywers is nou ons belangrikste bate en ons moet na hul welsyn omsien. Soos dinge nou aangaan, kan dit vir hulle...

Weer, Woensdag 1 April 2020

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en warm weer met verspreide donderbuie in die noordelike en sentrale dele van die land. Geïsoleerde tot verspreide donderstorms word op plekke...

Otjiwarongo reg vir Covid-19

21 ure gelede | Plaaslik

Augetto GraigOtjiwarongo is hard besig met voorbereidings om die nuwe ­coronavirus by die horings te pak. Die sakeleier mnr. Theo Borstlap en plaaslike apteker mnr....