Nuwe plan vir vigs
’n Nuwe bedryfsplan met die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en –voorkoming sal die ministerie van gesondheid op verskeie vlakke help.
Henriette Lamprecht – Tien persent van Namibiërs leef met MIV, met ’n voortdurende behoefte om dienste vir die toets van die siekte te verhoog.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, sal ’n nuwe bedryfsplan met die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en –voorkoming (CDC) die ministerie help om onder meer bewysgebaseerde strategieë te implementeer om juis bevolkings soos jong mans en vroue sowel as ouer mans vir toetsing en behandeling te teiken. Die ministerie en die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, me. Lisa Johnson, het vandeesweek ’n nuwe vyfjaar-samewerkingsooreenkoms met die sentrums onderteken.
Volgens Shangula sal die finansiering Namibië help om teikens vir die voorkoming en behandeling van MIV/vigs deur Unaids, sowel as dié van die Nasionale Strategiese Raamwerk te verwesenlik.
“Dit het op die regte tyd gekom en sal aan die ministerie die geleentheid bied om onder meer omvattende voorkomingsdienste waaronder manlike besnydenis te bied, strategieë vir die toets van mans, tienermeisies en ander weerlose bevolkingsgroepe te implementeer, sowel as gemeenskapsgebaseerde anti-retrovirale terapiedienste te versterk.
Die ministerie en CDC het sedert 2004 verskeie samewerkingsooreenkomste onderteken. Die ooreenkomste word op ’n multi-jaarbasis ontwikkel, met finansiering wat jaarliks en deur middel van die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) se bedryfsplan vir Namibië geskied.
Gebaseer op die huidige finansieringsiklus sal Namibië N$24,4 miljoen vir die tydperk April tot September 2019 ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie