Nuwe plan vir dorp se begraafplaas
DIE ONTWIKKELINGSFORUM VIR REHOBOTH SE BEGRAAFPLAAS SKRYF:
Die forum is hard besig met die nuwe begraafplaas se eerste fase.
Lede van die forum het 'n vergadering op die begrafnisterrein met mnr. Uirab, CEO van die dorpsraad, en mnr. Ernst de Waal, hoof van tegniese dienste by RTC, gehou. Die RTC was oop vir vrae en versoeke van die RCDF; voorwaar 'n goeie gesindheid.
'n Voorlegging vir die bakens en grootte van die nuwe begraafplaas was bespreek en sal na die minister gestuur word. RTC het ook hul finansiële steun aan die forum belowe met die omheining van die nuwe begraafplaas.
'n Plan sal geteken word vir die nuwe begraafplaas, wat in twee fases verdeel sal word en voorsiening sal ook vir parkering gemaak word na deeglike bespreking oor die deurpad tussen die twee begraafplase. Die begraafplase sal as twee aparte entiteite beskou word met 'n pad wat hulle deel.
Die RTC het ook aangetoon dat die verskuiwing van onwettige persone op die aangewyste begraafplase deur hulle gedoen sal word sodra goedkeuring ontvang is. Die forum het alreeds begin om pallisades aan die voorkant (weste) te plant.
Verskeie fondsinsamelingsprojekte geïnisieer deur die forum is in volle swang. Twee naweke gelede het hulle 'n suksesvolle Oanob-familiedag by Plot Karl gehou waar plaaslike kunstenaars die mense vermaak het. Dis weer bewys dat daar talent in Rehoboth is.
Op Vrydag 22 Junie sal 'n vertoning in Origo se skoolsaal om 19:00 plaasvind. Kaapse kunstenaars by name Sasha Lee Davids, vorige Popidols-wenner, en die welbekende Alistair Ozibell sal mense vermaak asook Rehoboth se eie jazzband, Major 7.
Hiermee nooi die Forum almal uit om kaartjies te koop en 'n goeie doel te ondersteun. VIP-kaartjies beloop N$150, volwassenes N$120 en skoolgaande kinders en ouer is N$60-00.
Kaartjies is beskikbaar by komiteelede.
Vir enige navrae kontak vir Amanda Groenewaldt by 081 246 6061.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie