Nuwe petrol in Namcor-tenk

Nuwe voorsitter en raadslid

11 February 2019 | Energie
Augetto Graig - Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, het Donderdag ’n nuwe voorsitter vir die raad van Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) aangestel.

Mnr. Engelhardt Kongoro is nou die leier van dié raad, wat ook mnr. Onni-Ndangi Iithete as raadslid ryker geword het.

“Beide mnr. Kongoro en mnr. Iithete verryk die raad met hul ervaring,” het Alweendo gesê.

“Mnr. Kongoro is lank reeds in die oliebedryf met ’n loopbaan wat oor meer as twee strek, meestal op uitvoerende vlak. Mnr. Ithete is ’n ervare prokureur, wat beide die private en openbare sektor dien,” het Alweendo gesê.

Die minister het klem gelê op raad se verantwoordelikhede en belang in die maatskappy se prestasies.

“Verbeel jou ’n raad stel ondoeltreffende toekomsstrategieë en planne in? Verbeel jou ’n raad verontagsaam sakebestuur of etiek? Geen maatskappy kan presteer of homself onderhou as die raad nie daarin slaag om sy belangrike rol doeltreffend te speel nie.

“Dit is dus van belang vir belanghebbers, wat vir die aanstelling van die verantwoordelik is, om te verseker slegs diegene met die nodige vaardighede word aangestel. Net dié met die moed om altyd in die onderneming se beste belang op te tree, moet aangestel word,” het hy gesê.

Namcor se vorige raadsvoorsitter, die prokureur mnr. Patrick Kauta, het in Oktober 2018 bedank ná ’n wolk van omstredenheid oor die staatsondermening se bestuur, gelei deur die besturende direkteur, mnr. Imms Mulunga, gehang het.

Kauta se raad het ondersoek na beweringe van korrupsie ingestel en die ouditeursfirma Deloitte se verslag is hierna aan die minister oorhandig.

Alweendo het egter nie Mulunga se afdanking ondersteun nie.

Vandeesweek het Mulunga gesê Kongoro se aanstelling is veral goeie nuus vir Namcor se plan om die kleinhandel-oliemark in Namibië met mening te betree.

“Ons strategie is al jare lank om die kleinhandelmark te teiken. Ons het dit nou uiteindelik in werking gestel. Ons handelsmerk is reeds sigbaar op ons vulstasie by die lughawe. Ongwediva en Otavi volg binnekort.

“Ons wil aggressief groei in die kleinhandelmark, omdat ware wins daar gemaak kan word. Ek is dus dankbaar vir Engelhardt en hoop om moontlik 10 nuwe vulstasies in twee jaar op te rig, eerder as een op ’n slag,” het hy gesê.

Me. Anna Libana, die waarnemende direkteur van energiesfondse in die ministerie, het goeie nuus vir Namibiese verbruikers gedeel.

Sy sê die nasionale energiefonds, wat die prys van brandstof in die land subsidieer, is baie stabiel. Volgens haar is die fonds se balans tans meer as ’n miljard dollar.

“Verlede Augustus tot November is ons aan internasionale olieprysskommelings blootgestel, maar nou is die pryse stabiel,” het sy gesê.

Libana is ’n bestaande raadslid, saam met me. Barbara Dreyer-Omoregie, dr. Roger Swart en me. Lorentha Harases.

Saam met Kongoro en Iithete sal hulle tot 30 September vanjaar op die raad dien.

Soortgelyk

 

Resessie slag Namibië

1 uur gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

1 uur gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

1 uur gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...

‘Hou op kla en doen iets’

1 uur gelede | Omgewing

Tanja Bause – ’n Windhoeker het in Augustus vanjaar besluit sy het genoeg van ’n vuil Windhoek gehad en self ingespring.Me. Tertia Wannenmacher se voorbeeld...

Air Namibia se vlerke wankel

1 uur gelede | Vervoer

Denver Kisting – Die pasaangewese raadsvoorsitter van Air Namibia, mnr. Escher Luanda, sê hy wil hom nie oor die lopendesaakvooruitsigte van die redery uitlaat nie.Dit...

Windhoek skud haar vere reg vir jazz

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Denver Kisting – Die hooftrekpleister vir vanjaar se Windhoek Jazz Festival is niemand anders nie as die Prinses van Afrika, Yvonna Chaka Chaka.Katrina Hanse-Himarwa, die...