Nuwe oord by Myl 14 op pad
Bungalows en huisies by die see word beplan
Des Erasmus - Namibiërs en toeriste gaan binnekort soos regte Weskussers vakansie kan hou.
’n Nuwe vakansieoord gaan noord van Swakopmund by Myl 14 ontwikkel word.
Goedkeuring daarvoor is pas deur die raad van die Namibia Wildlife Resorts (NWR) aan Sun Karros, ook die ontwikkelaars van die nuwe Daan Viljoen-wildtuin, gegee.
Mnr. Kobus Struwig, konsessiehouer van die kampeergebied Myl 14, noord van Swakopmund, het gister bevestig dat die oord beplan word. Hy sê die ontwikkelingsfase gaan sowat twee jaar duur en in die derde jaar sal geriewe vir besoekers beskikbaar wees. Die administratiewe proses vir die ontwikkeling van die oord, wat ook ’n omgewingsimpakstudie behels, gaan onmiddellik begin.
Struwig het gesê die ontwikkelaars gaan bungalows bou en vakansiegangers sal ook hul eie blyplekke mag bou. Die doel is om ’n omgewingsvriendelike weskusdorpie te skep, het hy bygevoeg.
Die konsessiesgebied bekend as Myl 14 strek oor ’n afstand van 8 km langs die see en ook van die hoogwatermerk af tot 1,5 km die binneland in.
Struwig het gesê wat die beskikbaarheid van water aan die restaurantkompleks en winkel betref, word dit van die pypleiding tussen Hentiesbaai en Swakopmund af getap. Die ontsouting van seewater vir die gebruik van die unieke gemeenskappie sal ’n opsie bly. Klem sal ook op die herwinning van water vir spoeldoeliendes geplaas word. Daar sal op sonkrag gekonsentreer word en die weskuskultuur sal in die huisies te sien wees. Struwig sê ruim grondpaaie sal na die blyplekke lei en die huisies sal met kenmerkende groot deure gebou word.
Hy het gesê die ontwikkeling gaan nie naastenby so digbebou soos Langstrand wees nie. Die oord sal as Myl 14 bekendstaan met Windpomp 14 wat net vir die sentrale restaurant- en winkelgeriewe gebruik gaan word.
Oor die omvang van die afgelope seisoen het Struwig gesê dit was ’n “monster” en die plek was Maandag nog stampvol. Na verwagting sou die stroom teen Dinsdag afneem.
Die toeloop na die restaurant, Windpomp 14, het die afgelope vakansie alle verwagtinge oortref, sê Struwig. Voorkeurgeregte was ’n sogenaamde seekosmandjie, calamari en kabeljou vars uit die see.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie