Nuwe Namibiese boeke op die rak
Tanja Bause
Twee formidabele vroue en Namibiese skrywers het nuwe boeke op die rak wat by die Namibia Book Market in Windhoek beskikbaar is.
Ilse Mouton se boek is getiteld Gobabis - Waar die olifante water drink, terwyl Hélène de Kok se pennevrug barefoot bushdoctor is.
In 'n neutedop word barefoot bushdoctor gekenmerk deur die uitdagings en avonture - snaaks én tragies - oor 'n tydperk van 40 jaar op 'n plaas in die afgeleë Kalahari.
“Ek het die boek barefoot bushdoctor genoem, omdat ek baie min toerusting tot my beskikking gehad het om my werk as 'n dokter te kan doen. Ek het in 1994 met die boek begin, terwyl ek as dokter gewerk het. Vir meer as 20 jaar het ek niks geskryf nie, maar nou is die boek op die rakke!” sê De Kok.
Mouton vertel op haar beurt sy het as 'n jong meisie baie drome gehad oor hoe haar lewe sou lyk.
“Maar die diep platteland was egter nooit in die drome nie,” vertel sy.
In 1983 het sy en haar man, André, hul stedelike bestaan en die blou Bolandse berge vir die verrykende ervaring van
'n plattelandse leefwyse op Gobabis verruil.
“Gobabis - Waar die olifante water drink, is my herinneringe aan Gobabis soos ek dit beleef en onthou het. My lewe sou baie armer gewees het sonder Gobabis!” sê Ilse.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie