Nuwe Mej. Namibië gekroon

Yandi Du Plessis
Die 25-jarige Chelsi Shikongo is Saterdag as die nuwe Mej. Namibië gekroon. Die jong Walvisbaaier werk die afgelope vier jaar as ’n internasionale model. Haar loopbaan het in 2016 in die Wes-Kaap begin en het haar onder meer reeds na Milaan en Singapoer geneem.

Die Mej. Namibië 2019-wenner wat dié titel verlede jaar behou het, Nadja Breytenbach, het tydens ’n intieme kroningsgeleentheid, wat regstreeks aanlyn uitgesaai is, die kroon aan Shikongo oorhandig.

Annerie Maré is die eerste prinses en Michelle Mukuwe die tweede prinses.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer