Nuwe mediese beroepe wink

Omwenteling op pad

04 October 2019 | Onderwys
Elvira Wood – Daar is ’n menslike brein agter elke robot.

Die gesondheidsorgsektor van die toekoms het dus kenners nodig wat oor die nodige vaardighede beskik om ’n sukses te maak van tegnologiese verwikkelinge.

Dit is die mening van Maletsatsi Nantu, ’n kenner van robotiese toerusting wat in die gesondheidsorgsektor gebruik word.

“Robotte help ons om menslike foute te verminder waar dit by mediese prosedures kom. Vir die robotte om te funksioneer het ons egter ingenieurs, tegnici en programmeerders nodig,” sê sy.

Nantu het Woensdag van haar ervaring as tegnikus in dié veld in ’n onderhoud met Netwerk24 vertel.

Sy was een van die sprekers op die mediese fonds vir staatsamptenare (Gems) se jaarlikse seminaar wat in Durban gehou is.

Nantu werk spesifiek met robotte wat deur ortopediese chirurge gebruik word wanneer knie- of heupvervangings gedoen word. “Daar is altesaam net sowat sewe robotte in die land wat vir chirurgiese prosedures gebruik word,” sê sy. Twee van dié robotte is waarmee sy werk.

“Mense is baie bekommerd oor hoe mediese personeel in die toekoms dalk deur masjiene en veral robotte vervang kan word. Hulle vergeet egter dat mense hierdie robotte moet ontwerp, bou, bedryf en instandhou. Dit is hiér waar daar groot geleenthede is wat betref beroepe van die toekoms,” sê sy.

Gloria Nkadimeng, inligtingshoof van Gems, het in haar voorlegging vroeër die oggend ook gesê daar gaan in die toekoms ’n groot verandering moet kom in beroepe wat mense in die gesondheidsorgsektor gaan vul.

“Mense gaan heropgelei moet word en nuwe vaardighede moet aanleer soos wat die sektor verander,” sê sy.

Nantu sê robotika is ’n beroep wat deur mans sowel as vroue gevolg kan word.

“Ek is die enigste vrou in Afrika wat opgelei is om met ’n spesifieke chirurgiese robot te werk.

“Dit wys net hoe oningelig jong mense, en veral meisies, is oor die moontlikhede van ’n beroep in dié rigting,” sê sy. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

6 ure gelede | Ongelukke

'n Valskerm-ongeluk het die lewe van 'n Chinese vrou, me. Ran Lei (33), Sondagmiddag geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval...

Frankfurt-vlugte het hervat

7 ure gelede | Vervoer

Air Namibia se vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland het hervat.Die Airbus A330-200 is ná die vlerkskade tydens ‘n ligte botsing Saterdagaand by die...

Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

7 ure gelede | Misdaad

‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ‘n graaf aangeval het, terwyl ‘n driejarige meisie wat hy...

Man vas oor 'diamantsmokkelary'

7 ure gelede | Misdaad

'n Nambiese man is Vrydag in verband met diamantsmokkelary op die grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië by Oranjemund in hegtenis geneem.Volgens die Namibiese polisie se...

Meer as N$6 miljoen se dagga in lorrie gevind

23 ure gelede | Misdaad

'n Lorriebestuurder (24) en sy 34-jarige medebestuurder is Saterdag omstreeks 09:00 op die B3-hoofweg naby Grunau in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse...

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

23 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

23 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

23 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

23 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...