Nuwe maatreëls vir mediese fondse op appèl
Regulasies met betrekking tot mediese fondse wat verlede jaar in die Staatskoerant gepubliseer is, is nie van krag hangend 'n uitspraak van 'n appèlraad nie.
Henriette Lamprecht
Nuwe regulasies wat 'n wesenlike uitwerking op mediese fondse in die land kan hê, dien tans voor 'n appèlraad van Namfisa, die Namibiese regulerende owerheid vir finansiële instellings.
Die regulasies het onder die vaandel van die deklarasie van ongewenste praktyke in die Staatskoerant van 1 Junie verlede jaar verskyn.
Dit sluit onder meer mediese fondse se afslag op premies van lede, die laai van premies en die onderskeid in premies ten opsigte van individue, lede van 'n groep en ook verskillende grootte groepe in, wat deur Namfisa as “onregverdig en ongewens” beskryf is.
Volgens Namfisa se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie, me. Victoria Muranda, is die regulasies tans op appèl.
Volgens Muranda eis die appellant onder andere 'n bevel van die appèlraad om die besluit wat onder die deklarasie van ongewenste praktyk in die Staatskoerant van 1 Junie 2020 gepubliseer is, ter syde te stel.
Ook die kennisgewing en sover dit mag nodig wees, enige verdere besluite en of bevindings wat deur die registrateur ter ondersteuning van die kennisgewing en verklaring gemaak word.
OPHEF VAN DEKLARASIE
Muranda sê die appèlraad het op 28 September verlede jaar besluit om die toepassing van die deklarasie op te hef totdat die appèlverhoor afgehandel is.
Volgens haar het die verhoor Woensdag afgeskop en duur tot 17 Februarie.
“Vervolgens is die deklarasie nie van krag tot wanneer die saak deur die appèlraad gefinaliseer is nie,” het Muranda gesê. Volgens haar is daar 'n paar van die mediese fondse wat vrywillig van die bepalings van dié deklarasie geïmplementeer het.
Die betrokke deklarasie sal oor 'n tydperk van drie jaar ten opsigte van huidige praktyke ingefaseer word.
Dit beteken die toekenning van afslag en verskillende premies vir individuele lede, groepslede en verskillende grootte groepe moet teen 31 Desember 2023 gestaak word.
Teen 1 Januarie 2021 moes die laai van premies van bogenoemde groepe en die bepaling van 'n individu se bydrae gegrond op die ouderdom van die oudste begunstigde, iets van die verlede wees.
Die bepaling van enige ander vorm van 'n premiekoers wat uiteindelik tot direkte of indirekte afslag lei, moet teen 31 Desember 2023 stop.
Namfisa se mening was mediese fondse word op die beginsel van gedeelde risiko en kruissubsidie bestuur. Dit beteken die gesondheidsrisiko van al die lede in die fonds moet in gelyke maat oorweeg word. Namfisa sê ook individuele lede se bydraes is gewoonlik hoër as dié wat as 'n groep aansluit.
HUIDIGE PRAKTYKE
Mediese fondse kon vroeër aan lede 'n afslag op hul bydraes bied, maar slegs aan dié wat 'n geskiedenis van lae en/of aanvaarbare eise het.
As 'n toegewing om eise op 'n ooreengestemde vlak te hou, kon lede laer premies betaal vir dieselfde voordele in vergelyking met die oorspronklike prys van die voordele-opsie.
“As sulks is die huidige praktyk deur mediese fondse om verskillende bydraes onder deelnemende werknemersgroepe te vra gelykstaande aan afslagpryse vir bydraes,” sê Namfisa.
Die afslag is 'n poging om lidmaatskap van groepe te kry tot nadeel van individuele lede. Die owerheid sê dit het reuse-ongelykhede geskep in die bydraes van lede wat dieselfde risikoprofiel en geskiedenis van eise het, deurdat 'n individu 'n laer premie betaal bloot omdat hy deel van 'n groep is.
Volgens Namfisa word die afslag “onregverdig en onbillik” toegeken omdat dit nie die verantwoordelike indiening van eise bevorder nie en slegs aan groepslede gebied word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie