Nuwe lodge vir CCF
In Julie het die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) die deure van sy nuwe Cheetah View Lodge by die navorsingsentrum buite Otjiwarongo geopen.
Die lodge is op die CCF se private wildreservaat geleë, en is gebou om besoekers te huisves wat meer oor die CCF se werk wil uitvind.
Meer as 10 000 besoekers reis elke jaar na die CCF se navorsingsentrum. Die doel van die nuwe lodge is om nóg meer mense toe te laat om ’n paar dae daar deur te bring om bewaring in aksie te sien, met die hoop dat hulle die woord sal versprei en nóg meer besoekers na Namibië sal lok, het dr. Laurie Marker van die CCF gesê.
“’n Sleutelkomponent van ons missie is om mense oor ons bewaringswerk in te lig. Met Cheetah View Lodge kan besoekers ons programme eerstehands beleef en gelyktydig ’n unieke ekotoerisme-ondervinding geniet,” het sy gesê.
Benewens ’n toer van die CCF, kan besoekers die inwonende jagluiperds in groot kampe sien wat hul natuurlike omgewing naboots, en kan hulle leer oor die CCF se waghonde vir lewende hawe. Hierdie spesiale honde beskerm boere se diere, wat help dat boere met jagluiperds kan saamleef.
Die honde beskerm ook die CCF se bokke wat melk voorsien vir die organisasie se Dancing Goat Creamery-produkte. Gaste kan dié produkte by die besoekersentrum koop.
Cheetah View Lodge is in ’n moderne chalet-styl-gebou en bied asemrowende blikke oor die Waterberg-plato. Die nuwe akkommodasie bied ook die geleentheid om jagluiperdbewaringsaktiwiteite te bespreek, wildritte en begeleide staptogte in die bos, asook toegang tot talle CCF-bewaringsprojekte.
Die lodge is vyf minute se stap van die CCF-sentrum se hoofkampus geleë. Benewens vyf kamers, beskik Cheetah View ook oor ’n private eetkamer wat op ’n watergat uitkyk. Besoek www.cheetahecolodge.com vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie