Nuwe lewe vir Hedwig ná kanker
Evany van Wyk - Nege jaar ná me. Hedwig Hoveka ’n knop in haar bors ontdek het, met kanker gediagnoseer is én “heel” aan die ander kant uitgekom het, het sy geboorte aan ’n gesonde seuntjie geskenk.
Hoveka se kankerreis het in 2008 afgeskop. Dit was nie altyd maklik nie, sê sy.
“Om uit te vind jy het kanker, voel soos 'n doodsvonnis,” sê sy.
Hoveka moes chemoterapie en bestraling ontvang, en was vyf jaar lank op medikasie vir die siekte.
“Ek glo die Here het my ’n tweede kans gegee, sodat ek Hom kan ophef. Wanneer ’n mens positief is, kan jy enigiets oorwin,” sê sy.
Hoveka het ná haar kankerstryd ’n hospitaalberader geword wat kankerlyers ondersteun.
Dít doen sy reeds die afgelope nege jaar.
In 2017 het Hoveka ’n seun ryker geword.
Sy het "toevallig" tydens 'n roetineondersoek gehoor sy is swanger.
“Dit was vir my ’n groot verrassing, al het ek die Here reeds vir ’n kind gevra,” sê sy.
Sy beklemtoon die belangrikheid van gereelde mediese ondersoeke om kanker so vroeg as moontlik op te spoor.
Vandag is Hedwig reeds 11 jaar kankervry en sy ondersteun mense wat dié reis meemaak.
Vir meer inligting, skakel 081 292 8787.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie