Nuwe leerplan fokus op beroepsopleiding
Vakke soos entrepreneurskap, metaal- en sweiswerk moet aan leerlinge die nodige vaardighede vir 'n beroepsgerigte rigting gee.
Henriette Lamprecht - Die nuwe Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSCO) (graad 10 - 11) maak gebruik van 'n verskeidenheid evalueringstegnieke om mondelinge en praktiese vaardighede, inisiatief en probleemoplossing, toepassing van vaardighede, kennis en begrip te toets.
Dít vorm deel van die huidige hersiening van die nasionale leerplan van preprimêre vlak tot by graad 12, wat in 2012 afgeskop het en tot 2021 voortduur.
Die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (NIED) het tydens 'n spesiale inligtingsdag vir die media 'n omvattende oorsig van die nuwe leerplan gegee om 'n duidelike beeld van die proses te gee, wat sy ontstaan te danke het aan die nasionale onderwyskonferensie wat in 2011 plaasgevind het.
Van die voorstelle was om die aantal vakke in die junior sekondêre fase te verminder en die aantal vakke op hoërvlak in die senior sekondêre fase te vermeerder. Onderrig vir lewensvaardighede as vak en ondersteuning vir leerlinge moes versterk word, en meer voorsiening moet vir leerlinge met spesiale behoeftes gemaak word. Nog voorstelle was die hersiening van die leerplan en ondersteuningsmateriaal vir nasionale tale, die herinstel van tegniese en beroepsgerigte vakke, die versterking van die onderrig van Engels van graad 1 af, asook die hersiening van die bevorderings- en taalbeleid in onderwys.
Volgens die nuwe leerplan is graad 1 tot 3 deel van die junior primêre fase – preprimêr, senior primêre fase: graad 4 tot 7; junior sekondêre fase: graad 8 tot 9 en laastens senior sekondêre fase: graad 10 tot 12.
Graad 4 beweeg na die senior primêre fase as gevolg van die uitdagings wat deur onderwysers vir graad 4 ervaar is. Volgens die NIED het “die diepte van die leerplan se inhoud in graad 4 uitdagings vir baie onderwysers veroorsaak”.
In bogenoemde fase bestaan die leerplan uit moedertaalonderrig van preprimêre vlak tot graad 3, wiskunde, omgewingstudies, kunste, liggaamsopvoeding, godsdienstige en morele opvoeding, sowel as ’n leesperiode.
Die senior primêre fase het van drie na vier jaar aangeskuif, en leerlinge in graad 5 tot 7 kry nou die geleentheid om aan pre-beroepsgerigte vakke blootgestel te word in ’n poging om ’n grondslag vir beroepsgerigte onderrig te lê.
Die leerplan bestaan uit vyf kernbevorderingsvakke plus een pre-beroepsgerigte vak (bv. ontwerp en tegnologie), plus vyf ondersteuningsvakke soos lewensvaardighede en kommunikasie en tegnologie.
Die junior sekondêre fase is verander van twee na drie jaar, met graad 10 wat nou na die senior sekondêre fase geskuif het. Laasgenoemde is om meer studietyd vir die senior sekondêre vakke te skep. Leerlinge sal voortaan ’n junior sekondêre semi-eksterne eksamen aan die einde van graad 9 aflê.
Die fokus van die eksamen is volgens die NIED gehaltebeheer, eerder as om ’n sertifikaat te verwerf. Dié reëling sal volgens die NIED die kanse verminder vir leerlinge om die skoolstelsel op ’n vroeë ouderdom te verlaat.
Die hersiene leerplan vir graad 8 en 9 maak voorsiening vir sewe verpligte bevorderingsvakke, ondersteuningsvakke sowel as keusevakke.
Die senior sekondêre fase (graad 10 tot 12) skop nou in graad 10 af, met die nasionale senior sekondêre sertifikaat gewone vlak (NSSCO) wat oor twee jaar in graad 10 en 11 gedek word.
Die nasionale senior sekondêre sertifikaat hoër vlak (NSSCH) word vervang deur ’n gevorderde plaasvervangerkursus van een jaar (NSSCAS) op vlak een, wat in graad 12 gedek word.
Beide IGCSE en NSSCO is gemik op ’n wye vaardigheidsreeks van studente, met ’n reeks grade wat toegeken word. Beide gebruik ook ’n verskeidenheid evalueringstegnieke om mondelinge en praktiese vaardighede, inisiatief en probleemoplossing, toepassing van vaardighede, kennis en begrip te toets.
Volgens die NIED ontwikkel die Cambridge IGSCE en NSSCO studente se kennis, begrip en vaardighede in onder meer vakinhoud, toepassing van kennis en begrip vir nuwe sowel as onbekende situasies, reaksie tot verandering, sowel as werk en kommunikasie in Engels.
Beide sertifikate berei ook leerlinge vir indiensneming voor of om verder te gaan studeer. IGSCE berei volgens NIED studente goed vir Cambridge Internasionaal A- en AS-vlakke voor, terwyl NSSCO se doelwit voorbereiding vir die NSSCAS-vlak is.
Vir NSSCO (graad 10 tot 11) bestaan die leerplan uit kernvakke soos wiskunde en Engels en keusevakke soos biologie en geografie. Nuwe keusevakke sluit chemie, fisiese wetenskap, entrepreneurskap, geïntegreerde uitvoerende kunste, gasvryheid, metaal- en sweiswerk, houtwerk, konstruksie, motorwerktuigkundige, en gesondheid en maatskaplike sorg in.
Ondersteuningsvakke is lewensvaardighede en liggaamsopvoeding.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie