Nuwe koshuis vir privaatskool
Barry de Klerk – Met bouwerk in volle gang, sal die Privaatskool Keetmanshoop se nuwe koshuis na verwagting vroeg volgende jaar sy deure vir leerlinge kan open.
Die koshuis sal beslis geriefliker vir leerlinge, onderwysers en opsigters wees.
Volgens ’n woordvoerder van die skool was die ou koshuis redelik ver van die skool geleë en dus is die besluit geneem om ’n gebou nader aan die skool op te rig.
Die fondasies is gegrawe en op 15 Junie het konstruksie amptelik begin. Die ou koshuis is intussen aan die Universiteit van Namibië verkoop om vir sy suidelike kampus gebruik te word.
Die koshuis sal 56 leerders huisves, terwyl vir die drie opsigters elkeen ’n woonstel gebou word. ’n Groot eetsaal, pakkamer en ’n kombuis is deel van die ontwikkeling.
Dit word beoog om teen Januarie 2016 die koshuis te open wanneer die nuwe skooljaar begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie