Nuwe kanselier vir Unam
Die Universiteit van Namibië het visepresident Nangolo Mbumba as sy nuwe kanselier aangewys. Mbumba vervang oudpresident Hifikepunye Pohamba wie se termyn as kanselier in November verlede jaar verstryk het. Die amptelike oorhandiging deur die uitgaande kanselier sal op 'n latere datum plaasvind.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie