Nuwe junior burgemeester ingehuldig
Windhoek se nuwe junior stadsraad is Maandag ingehuldig. Hulle sal onder die tema “Red ’n lewe vandag” hul projekte vir die termyn aanpak. Volgens Michael Petrus, nuwe junior burgemeester, sal hy en sy span gedurende hul termyn hard werk om onder meer ’n liefde vir lees by skoolkinders te kweek. Mnr. Musee Kazapua, burgemeester van Windhoek, was die hoofspreker by die inhuldigingseremonie en het die nuwe raadslede aangemoedig om die meeste van hierdie geleentheid te maak. Hier is Petrus saam met Kazapua en Alonushka Belonkon, onder- junior burgermeester. Foto: Octavia Tsibes
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie