Nuwe jaar met nuwe dinge
Leandrea Louw
Kersfees is om die draai en die nuwe jaar lê en loer vir ons. Dit was ’n tawwe jaar met Covid-19 wat sy septer geswaai het, maar dit was ook ’n jaar waar ons dinge bietjie anders kon doen (en anders kon dink).
Nou – soos gewoonlik – maak elkeen van ons ’n lysie van ons nuwejaarsvoorneme.
Maar vir dié jaar maak ek ’n lysie van dinge wat ons agter ons moet los in 2020.
1. Gee krediet waar dit verskuldig is. Sê dankie. Dié dat ons dinge net vanselfsprekend aanvaar moet end kry.
2. Covid-19 gaan nog vir ’n rukkie by ons wees – hou op om hardkoppig te wees en kom die regulasies na. Dis eenvoudig – dra ’n masker en hou jou afstand.
3. Moenie mense oor dieselfde kam skeer nie. Elkeen is ’n individu in sy eie reg.
4. Laat mense dinge geniet. As ek 10 000 foto’s oor my troue of my Kersgeskenke onder die Kersboom wil post – is dit OUKEI!
5. As jy iemand geld skuld, gee dit terug.
6. Los vir Facebook en Instagram as jy oor iemand of ’n besigheid wil kla. Mense praat met mekaar.
7. Elkeen het sy eie opinie; mense verskil – dit is ook OUKEI. Moenie probeer om jou opinie op die volgende persoon af te dwing nie.
8. Daar is ’n oulike toestel langs die stuurwiel van jou kar – wat wys of jy links en regs draai – gebruik dit.
9. As jy beplan het om iets te doen en jy het nie. Dis oukei. Let it go!
10. En korrupsie!
Die lysie kan nog aangaan, maar kom ek daag jou uit, liewe leser, om jou eie lysie te maak.
Soos ek voorheen gesê het, kom ons saai bietjie dankbaarheid hierdie feesseisoen. Dit is so eenvoudig om ’n koeldrank te gee vir die konstruksiewerkers wat in jou straat werk, om vir die kassier by jou winkel te vra “hoe gaan dit?”. Die gedagte van hierdie seisoen (voel ek) is om te fokus op die goeie, want daar is alreeds soveel bitter rondom ons.
Kom ons geniet hierdie Kersfees saam met ons families en kom ons volg tog asseblief die reëls en regulasies. Dra jou masker, was jou hande en hou jou afstand. Dit is so eenvoudig soos dit. Hierdie Kersfees moet party mense sonder hulle families deurbring as gevolg van Covid-19. Daar is families wat ’n leë sitplek by die tafel gaan hê weens Covid-19. Dink daaraan!
Geseënde Kersfees! Ek glo en vertrou dat ná hierdie jaar ons ENIGIETS sal kan aanpak waarmee ons gekonfronteer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie