Nuwe inligting oor tragedie by Oanob
Nuwe inligting oor tragedie by Oanob

Nuwe inligting oor tragedie by Oanob

Dani Booysen
Duikers was kort gelede steeds op soek na die liggame van drie jong mans wat gister in die Oanobdam verdrink het.
‘n Familielid het vanaf die toneel, waar die soektog angstig dopgehou word, vertel dat die polisie se inligting dat die voorval tussen 14:30 en 15:00 gebeur het, heeltemal verkeerd is.
Die nege jong mans het glo met sononder ‘n motorboot vir ‘n “rip” op die oord se waters geneem. Die brandstof het glo opgeraak en die boot het begin water inneem – hoekom, kon die bron nie sê nie – en later omgeslaan.
Die bestuurder van die boot het na bewering die wat kan swem, versoek om na die wal te swem. Hy het self aangebied om die ander te help.
Alarm is tussen 19:30 en 20:00 gisteraand gemaak.
Een van die ses oorlewendes is gehospitaliseer.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer