Nuwe hoofstuk vir Oranjemund

Baie het al gewonder wat so besonders aan dié dorp is, en nou kan jy dit self in 'n nuwe TV- en webreeks sien.
Yandi Du Plessis
Nadat die dorp dekades lank in 'n verbode diamantgebied geleë was, is dit “nie net hoog tyd nie, maar ook belangrik” om Oranjemund en sy transformasie met die land en die wêreld te deel.

Baie het al gewonder wat so besonders aan die dorp is, en nou kan jy dit self in 'n nuwe TV- en webreeks sien. Kykers sal baie oor Oranjemund ontdek; van die ryk myngeskiedenis tot die hoë duine, die magtige Oranjerivier en die pragtige ongerepte strand.

Die OMDis Town Transform Agency se Building Futures in Oranjemund, wat op One Africa TV uitgesaai sal word, sal ook al die ontwikkelingsgeleenthede wat dié dorp bied in die kollig plaas en sal dien as 'n bemarkingsinstrument vir beleggingsgeleenthede.

OMDis is gestig om plaaslike entrepreneurs te bevorder, plaaslike besighede te ondersteun en om die dorp se volhoubaarheid te verseker deur sektore soos landbou en toerisme te bevorder en mense te lok.

Die reeks bestaan uit die volgende

• “From the Beyond” behels bekende oud-Oranjemunders wat oor hul grootwordjare op Oranjemund gesels. Hierdie groep bly trotse ambassadeurs van die dorp, met “baie goeie herinneringe”.

• In “Making New” tree huidige Oranjemunders as broodnodige dryfvere vir verandering op deur hul besighede en uitreik-inisiatiewe in die gemeenskap vir dié doel in te span.

• In “Building Futures” word idees en inisiatiewe gedeel om die dorp se ekonomie te diversifiseer.

“Ons is gelukkig om saam met vakkundiges te kon werk om hierdie video- en webreeks saam te stel wat al OMDis se doelwitte weerspieël, maar wat ook belangrik is vir Oranjemund,” het mnr. Tony Bessinger, die hoofbestuurder van die agentskap, gesê.



METAMORFOSE

Oranjemund is al baie jare 'n raaisel – almal weet daarvan, maar baie min het dit gesien. Dit was hoofsaaklik omdat die dorp in 'n Sperrgebiet was wat in 1936 gebou is om die diamantmynboubedryf te bedien. Gevolglik kon slegs mense wat by die myn gewerk het, daar woon, en besoeke van vriende en familie is streng beheer.

Vandag – ná 85 jaar – is Oranjemund 'n dorp wat baie verander het. Dit word nie meer deur 'n myn bestuur nie, is nie meer 'n verbode gebied nie en is nie meer agter slot en grendel nie.

Oor die afgelope tien jaar is die dorp gevestig, 'n plaaslike owerheid gestig en 'n inisiatief genaamd “Town Transformation” is van stapel gestuur. Hierdie proses behels die afstanddoening van die stad se afhanklikheid van diamantmynbou en die skep van 'n volhoubare toekoms buite mynbou.

Town Transformation is in 2014 deur Namdeb aan die stadsraad en die gemeenskap bekend gestel. Dié inisiatief is aangevuur deur die destydse plan om die myn in 2022 te sluit. 'n Visie vir 'n dorp wat teen 2030 volhoubaar kan wees, is deur al die betrokke partye saamgestel – insluitend die gemeenskap. Die doelwitte van die program is drievoudig:

* wVerskuif die bestuur van die dorp vanaf die myn oor na die dorpsraad en privateer eiendomsbesit. Hierdie fase is voltooi.

* Normaliseer sosioëkonomiese dienste soos onderwys en gesondheidsorg.

* Hervorm die ekonomie deur die samestelling daarvan te diversifiseer deur nuwe nywerhede en die ontwikkeling van klein- en mediumgrootte ondernemings.



AGTERGROND

OMDis is in 2019 deur Namdeb as 'n spesiale doelentiteit (SPV) gestig om transformasie proaktief te bespoedig.

Die span se kernbedrywighede sluit in ekonomiese navorsing, uitvoerbaarheidstudies oor nuwe industrieë, die ontwikkeling van sakeplanne vir geïdentifiseerde projekte, die ver­skaffing en fasilitering van finansiering vir projekte, en die bevordering van beleggingsgeleenthede.

"OMDis is 'n vooruitdenkende organisasie wat daarna streef om Oranjemund te transformeer. Ons doen 'n beroep op elke Namibiër om na Oranjemund te kom en al die opwindende geleenthede te beleef wat ons bied,” het die besigheidsontwikkelingsbestuurder van die agentskap, me. Aunie Gideon, gesê.

Die reeks word elke Woensdag om 20:00 op One Africa TV (GOtv kanaal 90, DStv kanaal 284, DSTVNow en www.oneafrica.tv) en op hul sosialemediaplatforms uitgesaai. Die eerste episode het reeds op 29 September verskyn. Elke episode word Sondae om 17:30 herhaal.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%