Nuwe hoof vir CRAN
Nuwe hoof vir CRAN

Nuwe hoof vir CRAN

Augetto Graig
Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) het me. Emilia Nghikembua as sy nuwe uitvoerende beampte aangestel. Volgens Cran se woordvoerder, me. Katrina Sikeni, neem Nghikembua die leisels oor by mnr. Jochen Traut wat waargeneem het ná die bedanking van mnr. Festus Mbandeka in Maart 2020. Mbandeka is as prokureur-generaal van Namibië aangestel. Cran se raadsvoorsitter, mnr. Mihe Gaomab II, sê Nghikembua is die beste kandidaat om die leierskap van die regulerende owerheid oor te neem danksy haar ervaring en kwalifikasies. Sy is sedert 2011 Cran se regsadviseer en was sedert 2015 die hoof van die owerheid se departement vir regsadvies. Nghikembua het op haar beurt gesê sy sal graag inligtingskommunikasietegnologie tot voordeel van Namibië wil inspan.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer