Nuwe geslag o.20-bulle vir proewe gesoek
Nadat die Afrika-toernooi nie in 2020 kon plaasvind nie, wil Namibië graag sy laaste uitslag regstel.
Tielman van Lill – Die Namibië Rugby-unie (NRU) versoek samewerking vir die identifisering van o.20-rugbytalent in die opbou na vanjaar se Rugby Afrika Barthés-toernooi.
Die Kenia Rugbyunie sal van 25 Maart tot 4 April die toernooi in Nairobi aanbied. Kenia, die heersende o.20-titelhouer, sal uiteraard poog om sy kroon suksesvol teen Ivoorkus, Madagaskar, Namibië, Senegal, Tunisië, Zambië en Zimbabwe te verdedig.
Die Keniane sal volgende jaar vir die laaste keer dié belangrike toernooi aanbied, wat verlede jaar weens Covid-19 gekanselleer is. In 2019 het die Oos-Afrikane dramaties die finaal in Nairobi gewen om Namibië se wurggreep van die vorige jare af te skud en vir 'n toer na Brasilië te kwalifiseer.
Rugby Afrika sê indien die toernooi nie aanstaande maand kan afskop nie, is Junie vir die geleentheid gereserveer.
Net die wenland kwalifiseer vir die Wêreldrugby Junior Trofeetoernooi wat in Septembermaand voorlê.
Skole, klubs, ouers en spelers self word aangemoedig om die name van kwalifiserende spelers op die laatste môre aan die Namibië Rugbyunie te verskaf. Slegs spelers wat in die kalenderjare 2001 en 2002 gebore is, kwalifiseer om vir die o.20-span te speel.
Mnr. Jacky Husselmann, die spanbestuurder, kan by [email protected] met die nodige name bereik word.
Onder toesig van afrigter Jood Opperman sal proewe op 20 Februarie in Windhoek gehou word (registrasie is die vorige dag), waarna die uitsoekgroep onmiddellik met slypsessies sal begin.
Namibië was in 2017 die eerste wenner van die Barthés-trofee wat na wyle Jean-Luc Barthés vernoem is, maar oorheers die Afrika-reeks reeds sedert 2008. Sake word egter tans bemoeilik deurdat geen rugby verlede jaar hier gespeel is nie.
Namibië het in 2016 (in Zimbabwe), 2017 (in Uruguay) en 2018 (in Roemenië) by die Junior Wêreldtoernooi telkens vierde uit agt lande geëindig – sy beste eindposisie sover.
In 2016 Namibië verloor met 44-30 teen Fidji in die bronsfinaal. Die volgende jaar is Uruguay met 34-12 te sterk en in 2018 verloor die jong Namibiërs met 67-36 teen 'n vlugvoetige Portugal.
Talle van hierdie o.20-spelers het Namibië sedertdien in toetsrugby, insluitend die Wêreldbeker, verteenwoordig en ook oorsese beroepskontrakte losgeslaan.
Die loting vir die o.20 Afrika-toernooi is:
Groep A: Kenia, Madagaskar, Tunisië, Zambië. Groep B: Namibië, Senegal, Zimbabwe, Ivoorkus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie