Nuwe gesigte stu Wanderers

Jens Delport is die klub se geslote kampioen vir 2017.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Wanderers Muurbalklub het onlangs sy geslote kampioenskap sonder 'n amptelike borg aangebied.

Die klub in Pionierspark se borg van die afgelope 15 jaar het kort voor die toernooi onttrek en daar was rede tot kommer vir die bestuur om die kompetisie sonder die nodige geldelike steun te kan aanbied. En met die langnaweek op hande was die ander moontlike haakplek om genoeg inskrywings te verseker.

Wanderers se ontwikkelingstrategie het egter verseker dat genoeg nuwe gesigte hul weg na dié klub se bane gevind het. Met die aanbieding van junior toernooie en ope dae waar vroue vir die eerste keer op 'n muurbalbaan gewaag het, was die bestuur verniet bekommerd.

Sestien spelers het vir die eerste keer in hul lewe aan 'n toernooi deelgeneem en Wanderers kon uiteindelik met gemak drie afdelings vul met geen plek vir 'n muis meer om in te skryf nie.

“Die geleentheid was beslis enig in sy soort. Ons mag dalk 'n borg verloor het, maar dit het die hegte Wanderers-familie net aangespoor om saam te staan. Sakemanne soos Tienie Botha, Uwe Gruttemeyer, John Rabie, Dietrich Frolich en Graham Watermeyer het almal bydraes gelewer sodat die wenners met ordentlike prysgeld kon wegstap.

“Dit was ongelooflik om soveel nuwe gesigte te sien wat die wonderlike sport opneem,” sê Steven Berry, voorsitter van die klub.

Behalwe die kontant wat die wenners losgeslaan het, het hulle ook veeldoelige kampmesse van WorkPro en trofees ontvang. Die volgende kompetisie is op 10 Junie wanneer die Nashua Wanderers Ope aangebied word.



Die uitslae:

A-afdeling: Bekerafdeling:

1 Jens Delport. 2 Michael Gruhn.

3 Gerdus Louwrens. Plaat: 1 Phillip van Schalkwyk. 2 Dries Tredoux.

3 Dirk van Niekerk.

B-afdeling: Bekerafdeling:

1 Bradley Morkel. 2 Abdul Gester.

3 Tienie Botha. Plaat: 1 Goi Geurtse. 2 John Hurter. 3 Denise Weideman.

C-afdeling: Bekerafdeling:

1 Ulande Viljoen. 2 Bernadine de Roubaix. 3 Kurtis Kriel. Plaat:

1 Chris Viljoen. 2 Maryke Serdyn.

3 Mar-leece Geldenhuys.

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer