'Nuwe' Eagles moet hul slag in T20-reeks wys
'Nuwe' Eagles moet hul slag in T20-reeks wys

'Nuwe' Eagles moet hul slag in T20-reeks wys

Ná die groep se harde werk in die voorseisoen, begin die era onder die kapteinskap van Jan Frylinck vandag.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - In die openingsalvo van die nuwe krieketseisoen begin die Namibiese nasionale span sy aanslag op die Afrikabeker T20-titel vandag, môre en Sondag met die groep C-toernooi in Oos-Londen.

Die Eagles van Namibië, onder hul nuwe kaptein Jan Frylinck, kom in hul eerste twee wedstryde vandag teen die Oostelike Provinsie (09:35) en daarna die gasheerspan Grens (13:30) te staan.

Môre vanaf 13:30 kom die Nami­biërs teen 'n nuut ingeslote span in die kompetisie, Mpumalanga, te staan. Ter afsluiting wag Sondagoggend se botsing met hul mede-Afrikaland Kenia.

Net die groepwenner dring deur na die semifinale van die reeks, wat beide op Saterdag 23 September gespeel sal word.

Afrigter Dee Thakur en sy manne se strewe is om soos die vorige seisoen weer tot die halfeindstryd deur te dring.

Ná die uittrede van die jare lange staatmakers Craig Williams, Sarel Burger, Gerrie Snyman en Nicolaas Scholtz is die nasionale span gewis in 'n boufase om opnuut sy beste moont­like kombinasies te vestig.

Die jongste spanlid is die 18-jarige Nicol Loftie-Eaton, wat in Februarie vanjaar in Durban in sy enigste eersterangse wedstryd sover gespeel het. Die jong Windhoek Affies-kolwer was op sy stukke in die onlangse APS-skoletoernooi met ses opeenvolgende honderdtalle.

Uit die onder 19-Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland vroeër vanjaar is Loftie-Eaton en die kaptein, Lo-han Louwrens (nou 19), die twee wat die naweek in die senior nasionale span opgeneem is.

Die res van die spelersgroep beskik egter oor redelike ondervinding op provinsiale en internasionale vlak en die toets sal wees om met die kolfwerk, boulwerk en veldwerk gesag af te dwing en hul kanse aan te gryp.

Stephen Baard, wat aanstaande maand sy krieket in Auckland in Nieu-Seeland gaan speel, is as aanvangskolwer verreweg die mees gevestigde man in die kolflys tesame met Maties se kaptein Gerhard Erasmus, terwyl Niko Davin, Lo-han Louwrens, Michau du Preez, Zane Green en Loftie-Eaton ook belangrike rolle te speel het wanneer op hul knoppie gedruk word.

Jan Frylinck het heelwat boulopsies tot sy beskikking, met hyself, JJ Smit en Tangeni Lungameni as die naatboulers tesame met die draaiers Bernard Scholtz, Christopher Coombe en Colin Peake.

Die T20-formaat is in wese onvoorspelbaar en die Namibiërs kom te staan teen 'n paar geharde kombinasies. Vir die Oostelike Provinsie is Kelly Smuts, Edward Moore en Mathew Breetzke hul bewese lopiemasjiene.

Die Grens het minder opvallende name, afgesien van die aansluiting van die 23-jarige Yaseen Valli wat hom vir Gauteng as 'n waardevolle linkshandige kolwer bewys het. Marco Marais is ook een van die unie se staatmaker-kolwers.

Die nuweling Mpumalanga het straks die minste ondervinding op topvlak, maar is in dieselfde rede 'n onbekende buiteperd. Die span beskik egter wel ooraanwinste wat tevore by onder meer Noordelikes, KZN en die OP gekontrakteer was.

Die Keniaanse span onder leiding van hul kolfinspirasie Rakep Patel weet ook presies wat dit verg om op internasionale vlak mee te ding.

Die Namibiese spelersgroep: Stephen Baard, Christopher Coombe, Niko Davin, Gerhard Erasmus, Jan Frylinck (kapt), Zane Green, Nicol Loftie-Eaton, Lo-han Louwrens, Tangeni Lungameni, Colin Peake, Michau du Preez, Bernard Scholtz, JJ Smit.

• Die Afrikabeker T20-toernooi is vanjaar vanaf 16 tot 20 spanne vergroot.

Die ander drie groepe se spanne ontmoet ook dié naweek, met die wedstrydbepalings soos volg:

Groep A (op Pietermaritzburg): KwaZulu-Natal Binneland (die verdedigende kampioen), KwaZulu-Natal, Oostelikes, Uganda en Westelike Provinsie.

Groep B (op Oudtshoorn): Vrystaat, Gauteng, Noordelikes, SWD, Zimbabwe Select.

Groep D (in die Paarl): Boland, Limpopo, Nigerië, Noord-Kaap, Noordwes.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%