Nuwe daeraad vir SA
Politieke redaksie - Pres. Jacob Zuma se bedanking kort voor middernag Woensdag het 'n einde gebring aan 'n stormagtige nege jaar in Suid-Afrika se post-apartheidgeskiedenis.
Die land se vyfde demokratiese president, mnr. Cyril Ramaphosa (65), is omstreeks 14:30 gister deur die nasionale vergadering in Kaapstad aangewys. Hy is om 17:00 by Tuynhuys ingehuldig.
Van die internasionale media het reeds na dié nuwe era as die “Cyril-lente” verwys.
gevra om te bedank
Die verwikkelinge volg ná dae waarin die spanning binne die regerende ANC oor Zuma se uittrede Maandagnag tydens 'n marathonvergadering van die nasionale uitvoerende komitee op die spits gedryf is en hy gevra is om te bedank.
Zuma se presidentskap is gekenmerk deur 'n bloedspoor van vergrype – nepotisme, korrupsie en ekonomiese sabotasie was aan die orde van die dag.
Markte
Dit is nie bekend of hy in die ure voor sy bedanking 'n ooreenkoms probeer beklink het wat hom van strafregtelike vervolging vrywaar nie.
Die markte het gister dadelik positief gereageer en die JSE het skerp gestyg. Die rand het ook ná die nuus oor Zuma met byna 4% tot R11,44 teenoor die Amerikaanse dollar verstewig.
“Hy is dalk weg, maar sy stank gaan nog lank in die lug hang nadat ons van hom vergeet het,” het die hoofekonoom van die Efficient Group, mnr. Dawie Roodt, volgens Netwerk24 gesê. Volgens hom is dit net die begin van 'n proses om Suid-Afrika weer op koers te kry.
“Die Zuma-administrasie het enorme skade aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aangerig en dit sal letterlik jare duur voordat die skade uitgewis is,” het hy gesê.
Ramaphosa, 'n voormalige vakbondleier en vermoënde sakeman, het tydens sy toespraak gistermiddag in die parlement gesê “ons gaan moet saamwerk om die lewe van ons mense te verbeter”.
Hy het gesê as iemand tot die amp van president verkies word, word hy die dienaar van die mense. “Suid-Afrika moet eerste kom in alles wat ons doen.”
-Bronne: Netwerk24/The Guardian/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie