Nuwe brandbestuurreëls vir houtskoolbedryf
Nuwe maatreëls is deur die direktoraat van bosbou aangekondig om die risiko van veldbrande te verlaag wat deur houtskoolproduksie veroorsaak word.
As produsente nie hieraan gehoor gee nie, kan hulle die nodige permitte verloor om te kan kole brand, sê die Namibië Landbou-unie (NLU) in sy nuusbrief.
Hierdie maatreëls, wat onmiddellik in werking getree het, sal jaarliks van 1 Augustus tot 31 Desember geld.
Hiervolgens is dit verpligtend om houtskooloonde in groepe saam te brand. Enkel oonde wat verspreid deur die veld brand, word gedurende hierdie periode verbied.
Verder sal ’n plaas waarop houtskool geproduseer word, ’n brandstrook van 15 m breed op die grense moet aanbring aan die einde van elke reënseisoen. ’n Area van ten minste ’n 5-meter radius moet ook skoongemaak word rondom die saam gegroepeerde oonde voordat hulle aan die brand gesteek mag word.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het ’n dringende beroep op houtskoolprodusente gedoen om hierdie nuwe maatreëls ten volle toe te pas ten einde die risiko van onbeheerde veldbrande, wat jaarliks groot skade aan die omgewing aanrig, tot die minimum te beperk. Bosbou-amptenare mag plase waar houtskool produseer word, inspekteer om seker te maak dat hierdie nuwe maatreëls toegepas word. Die plase wat nie hieraan voldoen nie, se oes- en bemarkingspermitte kan summier opgeskort word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie