Nuwe Brabus-rissie brand sportief
Stewige klompie kilowatts meer
Die nuwe Smart ForTwo en ForFour is in Mei bekend gestel en teen die einde van die jaar sal die rooiwarm Brabus-modelle hier wees.
Brabus is ’n Duitse ombouer van Mercedes-Benz- en Smart-voertuie.
Onthou die ForTwo wat net twee sitplekke het en skaars 2,7 m lank is, span sy eie platform in met die langer ForFour met vier deure en vier sitplekke wat ’n platform met Renault se klein Twingo deel.
Die Brabus sal ook in al twee bakweergawes beskikbaar wees. Dit sal dieselfde 999cc-driesilinderenjin inspan, maar met ’n stewige klompie kilowatts meer. Waar die gewone Smart se enjin sonder ’n turbo 52 kW bied en die turboweergawe s’n 66 kW, sal die Brabus-enjin ’n gesonde 80 kW met wringkrag van 170 Nm uitskop.
Met die warmer oondjie agter die twee voorste sitplekke, sê Smart die ForTwo kan die 100 km/h-lopie in 9.5 sekondes aflê met die groter en effens swaarder ForFour wat dit in 10.5 sekondes sal doen. Dít is blitsvinnig vir die kleintjies wat aanvanklik net vir stadsvervoer bedoel is.
In die Brabus se geval word ’n kragtiger turbo-aanjaer gebruik en die druk daarvan word tot 2 bar opgestoot.
Met die ekstra woema was dit nodig om ook die vering van die Smarts onder hande te neem. Dit is 20% stywer aan die voorkant gemaak met ’n nuwe teenrolstaaf op die vooras wat die rolkans van die rygoed met 9% verminder.
Die elektroniese stabiliteitsprogram is ook aangepas om die ekstra kraglewering dop te hou wat die hantering betref. Die stuur is meer direk gemaak vir beter gevoel en vinniger reaksie en die sesgang-twinmatic-ratkas (dubbelkoppelaarkas) reageer nou 40% vinniger as in die standaard-Smart-modelle.
Die ratkas beskik oor ’n wegspringfunksie waar die enjintoere optimaal gestapel word vir ’n vinnige wegtrek.
Die funksie heet Race Start en as jy dit gekies het, trap jy net die petrolpedaal plat met die een voet op die rem en dan los jy die rem.
Buiten die ekstra krag en meganiese aanpassings van die Brabus, lyk die sportmodelle ook anders.
Daar is spesiale Brabus IX-allooivellings (205/40 R 70 agter en 185/45 R 17 voor), ’n grys lugvloeier agter met groter verchroomde uitlaatpype en voor is die sierrooster in die bakkleur afgewerk. Binne is spesiale swart sportsitplekke met grys stikwerk en die instrumentpaneel is met leer bedek.
Die Xclusive-pakket voeg ’n ander soort leersportsitplekke, ’n instrumentpaneel met twee verskillende materiaalafwerkings, Brabus-vloermatjies, ’n spesiale berghouer tussen die twee agterste sitplekke in die ForFour, Xclusive-tekens in die kajuit, verhitte sitplekke voor en ’n LED-en-sensorpakket (LED-dagryligte voor en LED’s agter, asook sensors wat die ligte en ruitveërs outomaties aktiveer) by. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie