Nuwe beleid vir hervestiging in die pylvak
Nuwe beleid vir hervestiging in die pylvak

Nuwe beleid vir hervestiging in die pylvak

Dani Booysen
‘n Gewysigde beleid oor hervestiging is in September aan die kommissie vir regshervorming voorgelê.
Nadat regskwessies uitgeklaar is, moet die beleid voor die kabinet dien.
Wysigings is gebaseer op besluite by 2018 se nasionale grondkonferensie.
Volgens die jongste vorderingsverslag oor die uitvoering van die beraad se planne moet die nuwe beleid teen 31 Maart 2021 in plek wees.
Kundiges is besig om kriteria vir hervestiging dienooreenkomstig te wysig. Tersake wysigings aan wetgewing oor grond moet ook nog deur die parlement gevoer word.
Nuwe beleid is gebaseer op die 70/30-beginsel waarvolgens 70% van hervestigingsgrond bestem is vir gemeenskappe wat voorheen grond verloor het asook oorlogsveterane en hul naasbestaandes.
‘n Samevatting van ander kwessies oor hervestiging:

BESTAANDE HAAKPLEKKE
‘n Ondersoek het getoon dit neem gemiddeld ses tot sewe maande vandat die regering ‘n plaas koop totdat hervestiging plaasvind.
Die verslag verstrek nie besonderhede oor die plan hoe om die proses te versnel nie.
Die verslag erken voorts daar is 47 onbewoonde hervestigingsplase. ‘n Opname is voltooi oor watter infrastruktuur op die grond opgerig moet word en die sink van boorgate moes in September begin het.
‘n Totaal van 41 hervestigingsplase is volgens die verslag oorbewoon.
Die nodige inwoningsbriewe is teen Oktober nog net aan 36 uit 873 begunstigdes op vier plase oorhandig. Nog agt plase moet voor April 2021 deur die proses gaan.
Die verslag benadruk boere met hervestigingsgrond of plase aangekoop deur Agribank mag nie ook kommunale weiding benut nie. Die boete hiervoor beloop N$4 000 tot N$15 000.

ONGOMBO-WES
Geen deurbraak kon nog bereik word om inwoners op die plaas te verskuif nie.
Die herlewing van die spogboerdery en blommeplaas op onteiende grond naby Windhoek is hiersonder volgens die verslag onmoontlik.
Gesprekke is wel met die Namibië Landbou-unie (NLU) gevoer oor die aankoop van aanliggende grond om die hervestigdes te verskuif.
Dit sal sowat N$35 miljoen kos om Ongombo-Wes te herontwikkel.

PRODUKTIWITEIT
In Oktober is ‘n verslag voltooi oor ‘n produktiwiteitsopname wat vanaf September 2019 tot Januarie 2020 op 486 hervestigingsplase in agt streke gedoen is.
Toe was daar meestal volgens die verslag geen weiding nie weens die droogte.
Geen bykomende besonderhede word verstrek nie.
Volgens die verslag voorsien beleid reeds vir ondersteuning aan hervestigingsboere en leningshulp om landbou en die ekonomie te ontwikkel. Nuwe bystandspakkette moet egter nog deurgevoer word.
Gesprekke is voltooi met Agribank oor wysigings aan die regstellende aksie-leningskema (AALS). Die bestuur moet nou hul insette gee. Een vraag is of die regering weer 30% van hierdie lenings moet waarborg.

DRIE MODELLE
Beleid voorsien vir drie hervestigingsmodelle gebaseer op boere se vermoëns en kundigheid.
1) Kleinboerdery op tot 50 hektaar grond, opheffing van mense en die bied van 'n heenkome, probasie vir 5 jaar gevolg deur 50 jaar oordraagbare en oorerflike leningsooreenkoms
2) Vir bestaande, groter boere, voedselsekuriteit en verbeterde produktiwiteit, selfde probasie- en leningsvoorwaardes
3) Ekonomiese ontwikkeling en werkskepping deur hulp aan kommersiële boere op huurplase en in kommunale gebiede, begunstigdes kan grond koop na 3 jaar of vir 10 jaar aanbly

PLAASWERKERS
‘n Nasionale opname oor die besonderhede van plaaswerkers wat al vir geslagte in diens is, is in Oktober vanjaar afgesluit. ‘n Tegniese komitee is besig om die data te ontleed.
Die voorstel dat sulke werkers ‘n pensioen moet ontvang, grond op die plaas of ‘n ander heenkome moet kry en toegang tot hul familie se grafte moet hê, moet met ander bestaande beleid en wetgewing versoen word.

Foto: Een van die beelde tydens Republikein se besoek in 2013 aan Ongombo-Wes, agt jaar nadat die plaas in 2005 onteien is ná ‘n verpolitiseerde arbeidsrusie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%