Nuwe begroting wil groei stimuleer
Ronelle Rademeyer - ‘n Nasionale begroting van sowat N$66,6 miljard is vanmiddag deur die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, in die parlement ter tafel gelê.
Die regering verwag ‘n inkomste van N$58,4 miljard in die 2019-’20-boekjaar, wat beteken die begrotingstekord gaan N$8,2 miljard beloop. Dit is 0,41% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP).
Dié tekort sal deur plaaslike, multilaterale en bilaterale lenings aangevul word, het Schlettwein gesê.
Met die land se skuldlas wat reeds 49,2% van die BBP beloop, het die land nie beweegruimte vir verdere agressiewe skuldfinansiering nie, het hy verder opgemerk.
‘n Groeibevorderingspakket is in vanjaar se begroting ingebou, met die ontwikkelingsbegroting wat met 42% tot N%7,9 miljard verhoog is.
Goeie nuus is dat belastingpligtiges voortaan 27,5% van hul inkomste tot op ‘n maksimum van N$150 000 kan aftrek vir geld wat vir aftredevoorsiening weggesit is.
Hervormings wat belastingverligting aan mense in die laer inkomstegroepe gaan bring, sal aanstaande jaar in werking tree.
Nuwe belastingveranderings wat kom is die afskaffing van die zero BTW-koers op suiker en die instelling van ‘n 15% uitvoerheffing op hout.
‘n Ander verrassing is dat lede van die staat se mediese fonds, Psemas, se bydraes gaan verdubbel.
Verder is die maandelikse staatspensioen met N$50 tot N$1 250 verhoog.
Lees die volledige berig môre in Republikein en skakel vanaand in vir die direkte uitsending op Facebook wanneer die minisrter tydens Namibia Media Holdings en sy vennote se begrotingsdinee die syfers gaan deurtrap.
Foto: Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie