Nuwe atletiekseisoen open by kus
Atletiek
Die Atletiekontwikkelingsklub (ADC) in Swakopmund, wat in Maart 2021 as 'n nuwe ontwikkelingsklub begin het, sal weer atlete die geleentheid gee om aan die Pupkewitz-stigting se ope atletiekkampioenskappe deel te neem.
ADC en die Pupkewitz-stigting werk voortdurend om nuwe talent te identifiseer; bied ondersteuningsopleiding aan atlete en afrigters, asook om die atlete die geleentheid te gee om mee te ding.
Die Pupkewitz-stigtingkampioenskappe sal onderskeidelik op 22 Desember (6 tot 12 jaar) en 23 Desember (13 tot senior) gehou word. Gestremde atlete sal ook deelneem. Talle skole en klubs van oraloor die land het reeds hul atlete begin inskryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 10 Desember.
Atlete se uitslae verbeter voortdurend en goeie resultate word vir die komende kampioenskappe voorspel. 'n Elektroniese tydstelsel sal gebruik word om tye wettig te maak.
Eerste, tweede en derde plek in elke item sal 'n medalje sowel as Algehele Beste Presteerder-toekenning ontvang. Verder sal atlete ook vir die Victor- en Victrix-ludorum in verskillende ouderdomsgroepe meeding.
Voor die kampioenskappe sal ADC met die ondersteuning van die Pupkewitz-stigting en in samewerking met Atletiek Namibië (AN) 'n tweedaagse afrigtingskursus aan 40 afrigters bied.
Die kursus begin op 20 Desember en word die volgende dag afgesluit. AN se basiese afrigtingskursus bestaan uit teorie en prakties. Suksesvolle kursusgangers sal 'n sertifikaat van AN ontvang.
Mnr. Hennie Horn, ADC-president het gesê: “Hoe meer ons in die ontwikkeling van afrigters belê, hoe makliker word dit om nuwe talent te identifiseer en streekafrigting uit te voer.
“Die Pupkewitz-stigtingkampioenskappe sal onvergeetlik wees en ek hoop elke ouer, afrigter, beampte en atleet sal elke oomblik daarvan geniet. Namibië het talent, so laat ons hulle ten toon stel en ons toekomstige sterre identifiseer.”
Besoek https://www.trackandfieldcompetitions.com/ of https://form.123formbuilder.com/6003423/form om aanlyn te registreer. Mense kan ook “Athletics” na 081 293 9987 WhatsApp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie