Nuwe ambassadeurs aangestel
Nuwe ambassadeurs aangestel

Nuwe ambassadeurs aangestel

Elvira Hattingh
Pres. Hage Geingob het vanoggend 11 nuwe Namibiese ambassadeurs in die buiteland aangestel.
Dié ambassadeurs is me. Margareth Mensah-Williams (VSA), mnr. Martin Andjaba (Duitsland), mnr. Lebbius Tobias (Tanzanië), mnr. Sipapela Cletius Sipapela (Demokratiese Republiek die Kongo), me. Selma Ashipala-Musavyi (Ghana ), mnr. Mbapeua Muvuangua (Brasilië), mnr. Niklaas Kandjii (Zimbabwe), mnr. Elvis Shiweda (Senegal) en mnr. Herman Pule Diamonds (Maleisië).
Me. Julia Chanduru-Imene sal Namibië in Genève verteenwoordig as ambassadeur in Switzerland en by die Verenigde Nasies (VN) se hoofkantoor, terwyl me. Mekondjo Kaapanda-Gimus as ambassadeur in België aangestel is waar sy Namibië by die Europese Unie (EU) sal verteenwoordig.


Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer