Nuut op die silwerskerm

Jacqueline Louw
Vir diegene wat ’n voorliefde vir Afrikaanse rolprente het, is ’n splinternuwe, familiekomedie, Keeping up with the Kandasamys, pas vrygestel.

Die suksesvolle vervaardigers van Hard to Get en die lokkettreffer, Happiness is a Four-Letter Word, is terug met ’n splinternuwe familiekomedie met Durbanse filmmaker, Jayan Moodley (White Gold), as regisseur en mededraaiboekskrywer saam met Rory Booth en die bekroonde duo van Helena Spring (Oscar-genomineerde en Mbokodo-wenner) en Junaid Ahmed (wat in November 2016 oorlede is) - as vervaardigers.

Keeping up with the Kandasamys is in die Suid-Afrikaanse voorstad Chatsworth in Durban verfilm. Dit gee kykers die geleentheid om die leefstyl en subkultuur van die land se Indiese gemeenskap te ervaar en te sien wat hul doelwitte, drome en uitdagings is.

“Dit was heerlik om die fliek in Chatsworth te skiet. Dit is ’n ikoniese plek, net soos Distrik Ses of Soweto. Die gemeenskap is lewendig en sprankelend. Ek dink ons het dit reggekry om, so tussen die humor deur, die unieke eienskappe en siel van hierdie gebied op só ’n manier vas te vang, dat gehore in die wêreld verlief sal raak op die plek en sy mense,” sê Moodley.

Dié komiese fliek, met Jailoshini Naidoo (Eastern Mosaic, Lotus FM) en Maeshni Naicker (Broken Promises) in die hoofrolle, vertel die verhaal van twee matriargale aartsvyande van buurgesinne wie se kinders op mekaar verlief raak, ten spyte van hulle beste pogings om die twee se verhouding te kelder. Dit dwing hulle om te besef dat ware liefde altyd wen.

Shanti Naidoo (Maeshni Naicker) is ’n tipiese A-persoonlikheid. Sy is altyd besig, gaan uit haar pad uit om ander mense gelukkig te hou en probeer opmaak vir haar tekortkominge deur gereeld ’n storm los te kook in die kombuis. Haar lewe sou perfek gewees het, as dit nie was vir haar buurvrou, Jennifer Kandasamy (Jailoshini Naidoo), wat haar altyd een voor is nie.

Wanneer Jennifer besef dat haar pragtige rabbedoe-dogter, Jodi (Mishqah Parthiephal), verlief is op Shanti se seun, Prinesh (Madhushan Singh), ’n sagmoedige mediese student, is sy vasberade om die verhouding stop te sit. Sy het egter die hulp van haar aartsvyand nodig om haar plan uit te voer. “Die twee vroue konkel en beplan saam, soek ander potensiële maats vir hul kinders, en meng oor die algemeen in net waar hulle kan,” sê vervaardiger, Helena Spring.

Mishqah Parthiephal, wat bekend is vir haar rol as Vania in die sepie, Skeem Saam, is baie opgewonde om deel te wees van die projek. “Toe ek hoor dat oudisies gehou word vir ’n groot fliek in Durban, het ek geweet dat dit ’n geleentheid is wat ek nie moet misloop nie. Ek het toe die ses ure van Johannesburg na Durban aangedurf sodat ek my oudisie kon doen. ’n Paar weke later het ek gehoor dat ek die rol gekry het,” vertel sy.

“Ek dink dat Keeping up with the Kandasamys ’n pragtige storie is, wat dit regkry om die Indiese kultuur in Durban behoorlik vas te vang. Ek kan nie wag om dit met die wêreld te deel nie.” Oor haar rol as Jodi, sê sy: “Ons is op baie maniere dieselfde. Sy is ’n sterk vrou wat nie bang is om te sê wat in haar hart aangaan nie. Sy is goedhartig en liefdevol. Ons deel ook dieselfde kleresmaak en leef albei in kortbroeke en tekkies!”

Hierdie ligsinnige, maar aangrypende, rolprent kry lewe met behulp van ’n verskeidenheid kleurvolle karakters, wat die ryk, pikante leefstyl in Durban vier en uitbeeld. Bekende Suid-Afrikaanse verhoog-akteur/dramaturg/regisseur, Rajesh Gopie, speel Shanti se man, Preggie, terwyl die komediant, Koobeshen Naidoo, die rol van Jennifer se man, Elvis, vertolk. Hierdie twee karakters bly egter altyd op die agtergrond omdat hulle konstant deur hulle dominerende vroue oorskadu word. Jodi se vriend en plaaslike troubeplanner, Marlin (Neil Govender), is flambojant en elegant en Aya (Mariam Bassa), Jennifer se bejaarde, kritiese skoonma, wat nie nonsens duld nie – verteenwoordig die tipiese Indiese ouma wat gewoonlik by families inwoon. Haar pittige sêgoed en dieper insigte sal beslis die harte van kykers raak.

“Dit is ’n fliek vir almal. Die universele tema van wedywering tussen bure, die behoefte om aanvaar te word en die vordering met sogenaamde sosiale suksesse en status, is iets waarby almal kan aanklank vind. Op die ou einde sal elkeen van ons ons eie eienaardighede en swakpunte, asook die komiese kant van die vreemde, wonderlike en kompeterende wêreld waarin ons leef, raaksien,” verklap regisseur Jayan Moodley oor haar eerste vollengte rolprent.

Keeping up with the Kandasamys beloof om gehore te vermaak met skreeusnaakse tonele oor families, verhoudings en buurtafguns. Dié rolprent, wat musiek deur Kyle Deutsch en The Parlotones insluit, word versprei deur Ster-Kinekor en sal op 3 Maart 2017 aan rolprentteaters uitgereik word.

Die amptelike lokprent is te siene op https://www.youtube.com/watch?v=YV6ZWNmRpqI.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%