Nuusdienste ignoreer uitslae
Die uitslag is ’n “terugslag vir Hongkong se demokratiese ontwikkeling".
Groot nuusdienste in China maak net die nodigste feite oor Sondag se distriksraadsverkiesings in Hongkong bekend waar pro-demokrasie-kandidate ’n groot oorwinning behaal het. Die uitslag word beskou as toenemende steun vir teenregeringsbetogings. In sommige berigte in China se streng beheerde media is net gesê hoeveel setels daar was en hoeveel mense gestem het.
Die webtuiste Caixin, ’n voorste ekonomiese en finansiële nuusverskaffer wat bekend is om sy onverskrokke beriggewing, het ’n lys van distrikte, kandidate en tellings gepubliseer,maar geen konteks nie.
Die koerante was egter fermer in hul hoofartikels.
China Daily het Dinsdag gesê die uitslag is ’n “terugslag vir Hongkong se demokratiese ontwikkeling omdat dit skeefgetrek is deur die onwettige aktiwiteite in die opposisie se kamp om hul eie kandidate te bevoordeel”.
“Gewelddadige intimidasie-taktiek” is gebruik om “blootstelling aan en die sigbaarheid van pro-establishment-kandidate te verminder”, skryf die koerant.
Dit sluit luidens die koerante die beskadiging van kandidate se kantore, die afsny van hul telefoonlyne en internetkoppeling en die verwydering van hul verkiesingsplakkate en -baniere in.
“Die verkiesing is net verdere bewys, as enige nodig is, dat die dringende kwessie in Hongkong die handhawing van die oppergesag van die reg en die spoedige herstel van orde is.”
Die Kommunistiese Party se amptelike Volksdagblad het Maandag in aanlyn kommentaar gesê die verkiesing het plaasgevind voordat die “dik rook van ‘swart terreur’ ’’ en geweld verdwyn het, maar het danksy die polisie rustig geëindig.
“Om geweld en chaos te beëindig en die orde te herstel bly Hongkong se belangrikste taak,” het dit gesê.
Die koerant se gedrukte uitgawe het gister die konsep van “een land, twee stelsels” beklemtoon waardeur China die stad sedert 1997 regeer, asook die naburige Macau, wat in 1999 weer onder Chinese beheer gekom het.
“ ‘Een land, twee stelsels’ is ’n volledige konsep wat ’n presiese begrip van die verhouding tussen ‘een land’ en ‘twee stelsels’ verg.
‘Een land’ is die wortel, en net met diep wortels kan daar baie blare wees; ‘een land’ is die basis, en net met ’n stewige, soliede basis kan daar takke wees om te floreer.”
Die staatsnuusagentskap Xinhua het gesê “om te verhoed dat Hongkong deur geweld verswelg word en om te verhoed dat Hongkong verder wegsink, moet die gemeenskap saamwerk om die aaklighede en chaos so gou as moontlik te oorkom en terug te keer na die spoor van die oppergesag van die reg en rede”.
Hu Xijin, redakteur van die poniekoerant Global Times, het in ’n boodskap op sosiale media gesê dit was “nie ’n goeie voorbode vir Hongkong” dat 90 nuwe demokratiese distriksraadslede “politiek speel” deur ’n beroep op die polisie te doen om ’n universiteit te verlaat wat al meer as ’n week lank deur betogers beleër is en die regering aangespoor het om aan hul eise gehoor te gee nie. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie