Nuus uit die parlement
Nuus uit die parlement

Nuus uit die parlement

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Baie onwettige vuurwapens is ingehandig nadat amnestie vir die indien van onwettige vuurwapens, ammunisie en plofstof op 18 Februarie vanjaar verstryk het.

Volgens die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, wat Dinsdag 'n ­ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering (NV) voorgelees het, is altesaam 1 276 vuurwapens, 99 509 ammunisie-items en 81 plofstelle gedurende die amnestietydperk by die polisie ingedien.

Hiervan is 62 vuurwapens en 1 898 ammunisie-items in Erongo ingehandig; 18 vuurwapens en 3 045 ammunisie-items in Hardap; 68 vuurwapens, 388 ammunisie-items en 15 plofstelle in //Kharas; 10 vuurwapens en 557 ammunisie-items in Kavango-Wes; 806 vuurwapens in Khomas; 55 712 ammunisie-items en 21 plofstelle; vyf vuurwapens in Kunene; 25 vuurwapens en 3 022 ammunisie-items in Ohangwena; 21 vuurwapens en 108 ammunisie-items in Omaheke; 73 vuurwapens en 1 758 ammunisie-items in Omusati; 49 vuurwapens en 870 ammunisie-items in Oshana; 62 vuurwapens en 8 652 ammunisie-items in Oshikoto; 72 vuurwapens en 22 491 ammunisie-items en 45 plofstelle in Otjozondjupa en vyf vuurwapens en 27 ammunisie-items in Zambezi.

Kavango-Oos is die enigste streek waar geen onwettige items ingehandig is nie.

“Diegene wat nie van die amnestie gebruik gemaak het nie en in die besit van onwettige wapens betrap word, sal ingevolge die bepalings van die wette oor die besit van vuurwapens vervolg word.

“Die ministerie is besig om deur ballistiese toetse vas te stel of enige van die vuurwapens wat oorhandig is in misdade gebruik is,” het Namoloh gesê.



Wetsontwerp uitgestel

Die aanvang van die komiteestadium van die wetsontwerp op die beskerming van getuies het Woensdag vasgeval toe me. Jennifer van den Heever van die DTA haar op reël 32 (b) IV van die vaste reëls en ordes beroep wat bepaal dat die wetsontwerp na 'n parlementêre portefeuljekomitee verwys word om dit noukeurig na te gaan. Sy sê van die wysigings het Dinsdag eers op die lessenaars van lede van die Huis beland en omdat dit redelik tegnies van aard is, is daar te min tyd gelaat om dit werklik te bestudeer.

Sy het daarop gewys dat verskeie lede van die NV in die bespreking van die wetsontwerp ook gevra het dat dit na die portefeuljekomitee verwys word.

Die minister van justisie, dr. Albert Kawana, sê die wysigings is voor die middaguur reeds aan lede voorsien en na sy mening was daar voldoende tyd om dit te bestudeer en is verduidelikende notas ook aangeheg. Hy het aangebied om 'n kompromis aan te gaan en dat die komitee­stadium tot gister uitgestel word om lede meer tyd te gun om die wetsontwerp te bestudeer.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het op sy beurt gesê die “tegniese aard” van die probleme wat deur Van den Heever met die wetsontwerp ondervind word, is nie voldoende rede om die wetsontwerp na 'n portefeuljekomitee te verwys nie.

Hy het ook daarop gewys dat die konsepwetsontwerp tydens 'n slypskool bespreek is voor tertafellegging en dat daar breedvoerige raadpleging was.

Kawana het ook daarop gewys dat verskeie insette van lede van die opposisie, wat gedurende die eerste lesingsdebat gegee is, in die wysigings vervat is. Die speaker, prof. Peter Katjavivi, het hierop die komiteestadium tot gister uitgestel.

Die wysigingswetsontwerp op hokaairoepers is ook tot vandag uitgestel ten einde lede voldoende tyd te gun om die voorgestelde wysigings te bestudeer.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%