Nuus oor Brexit doen nie veel vir rand
Elvira Wood – Die nuus dat Brittanje en die Europese Unie (EU) glo ’n konsepooreenkoms oor Brexit ter tafel gelê het, het nie veel gedoen om die rand te steun nie.
Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R14,44 teenoor die dollar verhandel.
Die verwagting was dat sou Brittanje en die EU ná ’n jaar se onderhandelinge wél ’n ooreenkoms bereik, dit die euro en pond sou steun en druk op die dollar plaas.
Die dollar het egter sy pas gehandhaaf.
Mehul Daya en Walter de Wet van Nedbank het Dinsdag gewaarsku daar is veel meer veranderlikes wat ’n invloed op die rand gaan hê as net die besluit oor Brexit.
Hulle waarsku dat groot Europese en Japanse banke wat aan die einde van die jaar dollars koop gaan waarskynlik saam met die Federale Reserweraad se strenger monetêre beleid die aanvraag na dollars verhoog.
Dit sal weer druk op die rand plaas.
“Globale dollar-likiditeitstekorte – struktureel en seisoenaal – bly ’n groot risikofaktor wat betref die vooruitsigte vir die rand,” sê hulle.
Die rand het vroegoggend teen R18,75 teenoor die pond en R16,30 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake so:
· Goud: $1 203 per fynons
· Platinum: $838 per fynons
· Olie: $65,21 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 303,32
· Ethereum: $204,48 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie